Lewe op dié ster se planete moontlik

Die Trappist-1-stelsel (Foto Nasa)

Volgens ’n nuwe studie wat in die Proceedings of the National Academy of Sciences gepubliseer is, is dit moontlik dat verskeie van die planete wat om die klein ster Trappist-1 wentel, lewe soortgelyk aan dié van die aarde kan bevat.

Minstens drie van die planete, maar dalk al sewe, kan bewoonbaar wees. Trappist-1 is bietjie groter as Jupiter.

Omdat die afstand tussen die planete omtrent so groot is as die afstand tussen die aarde en die maan meen navorsers dit is moontlik dat meteore van die een na die ander kan “spring”. Dit is moontlik dat dié meteore mikroskopiese lewe van die een na die ander kan neem.

Indien wel, kon lewe op meer as een van die planete baie soortgelyk as op die aarde ontwikkel het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Fanie ·

Dit is net ñ kwessie van tyd voor lewe op ander planete ontdek gaan word.

Paul ·

As enige lewe van watter aard ookal op enige ander planeet gevind word,kan ons maar die bybel wegpak,want dan het ons geen geestelikke waarheid meer om aan vas te hou nie.Dan kan ons die waarheid as volg beskryf;Skriftelikke,feitlikke bewyse,wat deur wysheid van woorde as leuens voorgehou word en deur manupilasie,mense dit laat glo en as sulks bely.

Eish ·

Née wat Paul, kyk mooi watter woorde gebruik word jong:
Moontlik, kan (dalk),
Moontlike springende meteore,
Moontlik kan dit mikroskopiese lewe..
Dis plein n hengse geraaiery.

Andrea ·

As daar lewe gevind word, is dit in elk geval deur God se toedoen daar geplaas. Alles is moontlik by Hom; niks is moontlik sonder Hom.

koos1 ·

Het Jesus nie dalk vir ons met die gelykenis van die goeie herder vertel dat lewe op ander planete moontlik is nie?
“Ek het nog ander skape wat nie van hierdie kraal is nie”.

Eish ·

Yeshua, het uitsluitlik gekom vir die Israeliete.
Mattheus 15:24: ” Maar Hy antwoord en sê: Ek is net gestuur na die verlore skape van die huis van Israel.”
Die Israeliete was verstrooi oor die wêreld heen en in Juda was hoofsaaklik Jode, Leviete en sommiges uit die stam van Benjamin. Die skape van die ander kraal was die res van Israel. Dis hoekom al die dissipels onder die Israeliete die Evangelise gaan verkondig het, waar hul ook al verstrooi was. 12 van hulle. Net Paulus is na die heidene gestuur.

Believer ·

Ai mense, dink tog uit die “box”. Om vir een oomblik te glo dis net ons hier op hierdie “enigste” aarde wat bestaan in ‘n skepping wat miljoene vierkante ligjare groot is, is regtig baie eng en ‘n bewys hoe baie ons mensdom nog het om te verstaan oor God en Sy Skeppings.

Theresa ·

As daar lewe iewers elders is – fantasties! ‘n Nuwe plek; ‘n nuwe tyd; dalk vir baie ‘n nuwe lewe.

Charles Rossouw ·

Ja nee ek kan nooit verstaan hoekom dit vir Baie mense onmoontlik is omte glo dat die Skepper nie ook ander wesens asook dinosourusse kon skape… Is sy vermoë nie legio nie???

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.