Maanlanding: 50-jarige herdenking

Neil Armstrong se Apollo 11-ruimtepak by die Smithsonian’s National Air and Space Museum in Washington. Foto: (AP Photo/Andrew Harnik)

’n Jong seun saal sy fiets op en ry na die Universiteit van Stellenbosch toe. Iewers op die kampus is ’n vertrek waar die maanlanding op TV uitgesaai word. Suid-Afrika het nog nie TV nie, maar een is spesiaal gereël sodat belangstellendes kan kom kyk. Byna ’n dekade tevore was die seun as sewejarige saam met sy ouers in die VSA en het die opwinding van John Glen se ruimtereis om die aarde beleef. Hy het ook pres. John F Kennedy se belofte oor TV gesien en gehoor dat die VSA voor die einde van die dekade ’n man op die maan sou plaas. Daar was nie ’n manier dat die seun die uitsending daarvan sou mis nie. Nou, as 64-jarige, skryf die seun van destyds, Herman Toerien, weekliks die ruimtenuus vir RSG se gewilde program, Sterre en planete.

Hy gee nou sy oorskou oor die 50-jarige herdenking van die maanlanding aan Maroela Media se lesers.

Hoekom die mensdom se belangstelling in die maan?

Die volmaan gedurende ’n maansverduistering in Frankfurt, Duitsland. (Foto: Michael Probst, AP)

Die maan is gemiddeld 384 400 km van die aarde af, maar dit was nie altyd so nie. Die maan beweeg sowat 4 cm per jaar weg van die aarde af, wat beteken dat dit met sy ontstaan heelwat nader aan die aarde was. Modelle, wat met baie onsekerhede werk, dui daarop dat die maan met sy ontstaan sowat 25 000 tot 35 000 km van die aarde af kon wees. Dit het sowat 15 keer so groot soos die maan vandag van die aarde af vertoon. Dit was rooi van kleur, want met sy ontstaan was die maan vuurwarm.

Omdat die maan en aarde soveel nader aan mekaar was as vandag, was die aarde se swaartekrag-effek op die maan baie sterker as die getywerking vandag. Die gevolg was dat die maan se een kant reeds ná slegs 100 miljoen jaar permanent na die aarde begin wys het. Hoewel ons dit nie kan sien of voel nie, lig die maan se swaartekrag die droë aardoppervlak onder hom twee keer per dag met ongeveer 60 cm. Dieselfde gebeur uiteraard nie met die maanoppervlak nie omdat dieselfde kant altyd na die aarde wys.

Dit was die mens baie lank nie beskore om te weet hoe die agterkant van die maan lyk nie. Trouens, die mens het eers vanjaar die eerste werklike insigte oor die tekstuur van die agterkant van die maan gekry toe ’n Chinese maankarretjie die maan se agterkant gaan ondersoek het.

Onlangse navorsing toon ook aan dat toestande op die maan eens vir twee periodes geskik moes wees om lewe te kon onderhou. Simulasies is gewoonlik gebruik om tot dié gevolgtrekkings te kom.

Die moontlikheid dat lewensvatbare omstandighede op die maan in die verre verlede kon bestaan het, beteken nie dat daar inderdaad lewe op die maan sou bestaan het nie. Indien daar wel lewe op die maan sou wees, is dit moontlik dat daardie lewe van die aarde afkomstig kon wees. Dit sou kon gebeur as ’n groterige voorwerp die aarde sou tref, en van die rotse en bodemmateriaal sou wegslinger sodat dit op die maan kon land. Onlangse toetse op die Internasionale Ruimtestasie het aangetoon dat sekere eensellige organismes buite die ruimtestasie die erge ruimtetoestande kon oorleef, en sommiges selfs gefloreer het.

Vir miljoene jare kon die mensdom niks anders doen as om net na die maan te kyk, en sy lig in die nag te gebruik nie. In baie gemeenskappe is die maan as god aanbid.

Planne om die maan te besoek

Die foto van 30 Maart 1969 wat deur Nasa beskikbaar gemaak is wys van links na regs Neil Armstrong, Michael Collins en Edwin E. “Buzz” Aldrin. Foto: (NASA via AP)

Planne om die maan te besoek het eers werklik gestalte begin kry toe die Duitsers gedurende die Tweede Wêreldoorlog vuurpylaangedrewe voertuie gebou het om die vyand mee te bombardeer.

Die verhaal ontkiem in die Tweede Wêreldoorlog toe Adolf Hitler se Duitsland met onbemande vuurpylaangedrewe tuie, eers die V1 en toe die V2, aanvalle op veral Brittanje van stapel gestuur het. Londen het onder meer kwaai deurgeloop. Die man wat aan die stuur van sake met die ontwikkeling van vuurpyle gestaan het, was Wernher von Braun. Die V2 was ’n ballistiese vuurpyl.

Ná die oorlog het die VSA Von Braun na die VSA gelok met die idee dat hy ’n groot bydrae tot die VSA se ruimteprogram kon lewer. Hy was veral bekend vir die ontwikkeling van die Saturn 5-vuurpyl wat uiteindelik ook gebruik is om die eerste bemande maanlanding moontlik te maak.

Von Braun het baie vroeg die moontlikheid van bemande reise na die maan voorsien. Reeds in 1955 het hy sy planne in ’n beeldopname bekend gestel. Dit handel hoofsaaklik oor die gebruikmaking van ’n ruimtestasie buite die aarde se atmosfeer wat ook sou dien as lanseer-tussenstasie vir tuie na die maan, maar waar die tuie ook brandstof sou kon inneem.

Von Braun het iets aangepak wat baie wetenskaplikes destyds geglo het nooit moontlik sou wees nie. So ’n artikel is ook in die gewilde Afrikaanse Kinderensiklopediereeks gedra waarin met groot oortuiging verduidelik is hoekom ’n bemande sending na die maan altyd onmoontlik sou wees. Die skrywer het egter uit die oog verloor dat dit nie ’n projek sou hoef te wees waar ’n vuurpyl regstreeks van die aarde na die maan gestuur sou word, en dieselfde vuurpyl weer van die maan terug aarde toe gelanseer sou word nie. So ’n hipotetiese reis is byvoorbeeld in die kinderreeks Tintin (Kuifie) voorgestel.

Von Braun sou die eerste bemande maanlanding met agt jaar oorleef. Hy is in 1977 op 65-jarige leeftyd oorlede.

Op 25 Mei 1961 kondig pres. John F Kennedy aan dat die VSA ’n bemande maanlanding voor 1970 beoog. Die Koue Oorlog met die Sowjetunie was in volle gang, en die Russe het ’n vroeë voorsprong in die ruimteresies ingeneem. Die VSA was vasbeslote om die voortou oor te neem, en ʼn bemande ruimtereis na die maan sou die voorsprong bo alle twyfel bevestig.

Dit sou ’n enorme prestasie wees, maar vandag meen baie ruimtewetenskaplikes dat dit erg voortydig was – dat die tegnologie nog nie werklik daarvoor gereed was nie, en dat dit eintlik ’n wonderwerk was dat dit suksesvol afgeloop het.

Die feit dat 50 jaar verloop het en ’n volgende maanlanding nog net in die beplanningstadium is, word ook as bewys gesien dat die vorige sendings te ’n groot risiko ingehou het. ’n Gans nuwe generasie tegnologie verseker dat die volgende maanlanding eintlik van nuuts af ontwerp en aangepak moet word.

Die VSA sou ná Kennedy se aankondiging die volgende agt jaar die hand diep in die sak steek om die haastige program na ’n maanlanding moontlik te maak. Nasa se begroting het in hierdie tyd ongeveer 4 persent van die VSA se federale begroting uitgemaak. In 2018 het Nasa se begroting van $7 miljard net sowat ’n half persent van die VSA se federale begroting van $4 biljoen (ofte wel Amerikaanse triljoen) uitgemaak. Die piek was tussen 1964 en 1966, al het die eerste bemande maanlanding eers in 1969 plaasgevind. Die totale koste om iemand op die maan te laat land, was tussen $20 en $25 miljard, maar met inagneming van inflasie, sowat $136 miljard dollar teen 2007 se monetêre waarde. Die program sou dus in vandag se rand-geldwaarde tot die maanlanding sowat R2 625 miljard gekos het.

Die reuse-Saturn-vuurpyle waarvan die krag nou eers min of meer deur die Falcon Heavy geëwenaar word, en die Apollo-ruimtekapsule sou die ruggraat van die program uitmaak voor Apollo 11 uiteindelik die finale sprong gemaak het.

Op 18 Mei 50 jaar gelede het Apollo 10 die laaste nielandingsvlug na die maan onderneem twee maande voor die beroemde maanlanding van Apollo 11. Hoewel dit ’n inoefening van vele aspekte van die werklike maanlanding behels het, moes verskeie aspekte nog getoets word om ’n veilige landing te verseker. Heelwat werk moes ook nog gedoen word om die oneweredige aard van die maan se gravitasie te bepaal omdat dit ’n groot invloed op akkuraatheid sou uitoefen. Dié vlug word dikwels as die grootste uitdaging en prestasie van die Apollo-vlugte beskryf.

Die drie bemanningslede het verskeie rekords opgestel. Gedurende die vlug het hulle dit nog die verste tot vandag toe van Moeder Aarde af begewe. Hulle het ook die vinnigste van enige mens tot nog toe gereis, en die spoed van net stadiger as 40 000 km per uur was ook ’n rekord vir menslike vlug.

Die vlug het verskeie noue ontkomings gehad, maar die amperste wat dit in ’n ramp ontaard het, was toe die landingstuig, Snoopy, naby die maanoppervlak buite beheer geraak en amper verongeluk het.

Dit is amper ondenkbaar dat ’n ruimtevlug van dié aard met die rekenaartegnologie aan boord so ’n rit sou kon aanpak. ’n Hedendaagse iPhone is ongeveer 130 000 keer kragtiger as Apollo 10 se rekenaar, en die rekenaar wat vir die SKA gebou word, ongeveer ʼn biljoen keer (of ’n Amerikaanse triljoen keer) kragtiger. Toe die maanprogram aangepak is, is inderhaas saamgespan om rekenaartegnologie te bevorder. Dit word beraam dat die bedryf hiermee met 20 jaar vooruitgespring het.

Apollo 11 is op 16 Julie 1869 gelanseer.

Die groot oomblik het op 20 Julie 1969 gekom toe die landingstuig, die Eagle, op die maan geland het. Alles het egter nie glad verloop nie. Kort voor die beplande geoutomatiseerde landing het die rekenaar wat dit moes beheer onklaar geraak, en die landing moes met handkontroles uitgevoer word. Met die landing was daar nog net 20 sekondes brandstof in die landingsonderstel, wat as lanseerplatform op die maan sou agterbly, oor.

Die bevelvoerder, Neil Armstrong, het die maan betree met die woorde wat daarna epies geword het:

Klankgreep: Armstrong se woorde:

In dieselfde jaar spreek Von Braun sy trots uit dat die prestasie behaal is. Hy bring onder meer hulde aan die fiksieskrywer, Jules Verne.

Altesaam 12 mense sou op die maan land, waarna die program in 1972 weens begrotingsbesnoeiings gestaak is. Net Apollo 13 kon nie ʼn maanlanding uitvoer nie toe ’n suurstofpyp gebars het, en die tuig met die hulp van die maanlandingstuigie se motore na die aarde moes terugkeer.

Altesaam 382 kg maanrots, klippies en stof is van die maan na die aarde gebring. Altesaam 2 200 monsters is met die ses sendings gebring, en is by ses terreine versamel. Die versameling van maanmateriaal is baie vergemaklik nadat Nasa ’n ruimtekarretjie saam met Apollo 15, 16 en 17 gestuur het. Dit was die laaste drie sendings.

Nasa was egter nie die eerste wat maankarretjies op die maan gebruik het nie. Die Russe het reeds in 1970 ’n onbemande karretjie, Lunokhod 1, op die maan laat land, ’n jaar voor die eerste Amerikaanse maankarretjie. Lunokhod 2 het in 1973 op die maan aangeland.

Nuwe planne

Neil Armstrong se Apollo 11-ruimtepak by die Smithsonian’s National Air and Space Museum in Washington. Foto: (AP Photo/Andrew Harnik)

Nasa se versnelde plan om weer iemand op die maan te laat land, behels dat dit binne vyf jaar sal moet geskied. Dié aankondiging is ’n maand gelede deur adj.pres. Mike Pence gedoen.

Meer besonderhede is kort daarna bekend gemaak, naamlik dat die program op lewensvatbaarheid moet fokus, met twee doelwitte, naamlik om ’n maanbasis op te rig, en om die maan as ’n vertrekstasie (gateway) na die diep ruimte te gebruik.

Die nuwe program vir besoeke aan die maan sal as Artemis bekend staan. In die Griekse mitologie was Artemis die suster van Apollo, na wie die aanvanklike maansendings vernoem is.

Die nuwe maanlandingsprogram se begroting vir vanjaar alleen is $800 miljard. Dit sluit ’n ruimtestasie in wat om die maan moet wentel, en ondertussen as die Gateway bekend sal staan.

Intussen word ander voorbereidings kliphard gedoen, soos die ontwerp van ’n maanbasis. Dit sluit in dat die bouwerk deur driedimensionele drukwerk gedoen word. Indien moontlik sal soveel moontlik van die grondstowwe op die maan self gebruik word.

Vir die reise na die maan is in wese gans ander tegnologie ontwikkel, en sal die reise na verwagting veel veiliger wees.

Met die eerste bemande maanlanding se 50ste herdenking word ’n nuwe mylpaal bereik om weer teen 2025 mense op die maan te laat land. Dan begin sakeman Jeff Bezos se Blue Horisons-maatskappy die waterstof-brandstof van sy maanlandingstuig toets.

Die tuig, ook bekend as Blue Moon, het heelwat ooreenkomste met die destydse landingstuie van die Apollo-era, maar die aandrywing verskil geheel en al. Die besluit om waterstof te gebruik is geneem nadat daar eers betreklik onlangs vasgestel is dat daar waterys op die maan voorkom. Die idee is om waterstof en suurstof op die maan te skei en as brandstof te gebruik om van die maan af na Gateway te reis, en van daar af te kan terugkeer na die aarde.

Die konsep van Gateway vir reise na onder meer Mars herinner sterk aan Von Braun se aanvanklike voorstelling van ’n ruimtestasie wat om die aarde sou wentel, en as vertrekpunt van tuie na die maan sou dien.

Hoewel die tuig ontwerp is om ’n bemanning te kan dra, word ook voorsiening gemaak dat sommige vlugte net vrag sal dra. Dit moet dan in staat wees om self te kan stuur. In plaas van ’n GPS-stelsel word ’n navigasiestelsel gebruik waardeur die tuig homself kan stuur deur die maanlandskap en sterre vir navigasie te kan gebruik.

Een van die opvallende verskille is dat die nuwe beoogde landingstuig se voetstukke veel kleiner sal wees as dié van die Apollo-landingstuie. Die oorspronklike voetstukke was groot omdat vooraf gemeen is die maan sal dalk ’n dik stoflaag dra, wat geblyk het nie die geval te wees nie, hoewel die landingstuie wel ’n hele klompie stof opgeskop het.

Neil Armstrong en Edwin Aldrin op die maan. Foto: NASA

Ter herdenking van Apollo 11 se maanlanding 50 jaar gelede is ’n nuwe boek gepubliseer wat unieke foto’s van die Apollo-program en die maanlanding self wys. Die boek, Picturing Apollo 11: Rare Views and Undiscovered Moments, is pas deur die University Press van Florida uitgegee. In die boek word veel meer foto’s bekend gestel as wat tot dusver in die media verskyn het.

Nasa sal nie onbepaald kan voete sleep om weer mense op die maan te laat land nie, as hulle nie deur die Chinese voorgespring wil word nie. China beoog om oor ongeveer tien jaar ’n wetenskaplike navorsingstasie naby die suidpool van die maan te bou.

Die eerste tuig wat privaat ontwikkel is, het vanjaar op die maan probeer land, maar daarteen gebots. Met die landing van die 600 kg swaar Beresheet, wat deur Israeli’s gebou en besit is, sou Israel slegs die vierde land ná die VSA, Rusland en China geword het wat ’n tuig op die maan kon laat land. Beresheet is die Hebreeuse woord wat “in die begin” beteken en verwys na die skepping. Dit sou onder meer probeer vasstel of die maan ooit oor ’n magneetveld beskik het.

Watermolekules hop bedags op die maan se oppervlak rond, blyk uit nuwe navorsing wat deur Nasa bekend gemaak is. Sodra dit teen omtrent die middaguur warm genoeg geword het, begin die watermolekules in die baie dun atmosfeer op die maan rondspring, en kom eers teen de aand se kant weer tot ruste wanneer dit met grond wat reeds afgekoel het in aanraking kom.

Hierdie navorsing is nog nie voltooi nie, maar die bevindings tot dusver is baie belangrik omdat water in waterstof en suurstof opgebreek kan word, en as vuurpylbrandstof gebruik kan word.

Die nuus kom te midde van Nasa se begroting wat so aangepas word dat bemande reise na die maan werklikheid kan word, en daarna ’n sending na Mars waartydens monsters van die rooi planeet terug aarde toe gebring kan word. Die lansering van so ’n Marssending kan reeds in 2026 plaasvind. Die administrateur van Nasa, Jim Brimstine, het die nuwe begrotingsvoorstelle geloof: “Vir die eerste keer in ’n dekade het ons nou genoeg geld beskikbaar om weer ’n bemande tuig tot by die maan en terug te kan kry.”

China wikkel op die maan

Met die 50ste herdenking van die eerste man wat op die maan gestap het, is die wêreld se aandag nou grootliks op die VSA se herdenking daarvan en toekomstige maanplanne gefokus. Die oog moet egter op China se maanplanne gevestig wees wat besonder aktief verloop. China is maar die derde land wat tuie suksesvol op die maan kon laat land, wat maankarretjies insluit. Die Yutu 2-karretjie het reeds 180 m op die maan afgelê, en hou reeds heelwat langer as wat verwag is. Intussen het China vasgestel dat die grondbedekking op die agterkant van die maan – waarop China nou fokus, kouer is as die grond aan die aardkant van die maan. Dit word vermoed dat dit met die samestelling van die maan verband hou. China se maanprogram het oor die afgelope 15 jaar skouspelagtig vinnig ontwikkel, en daar word beoog om dit oor die volgende tien jaar vol te hou sodat China uiteindelik ’n permanent bewoonde ruimtestasie op die maan kan bou.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

89 Kommentare

leser ·

en daar is soveel wat se hoe die maanlanding ‘n “hoax” is, vele mense se , met bewyse, dat die landing nooit op die maan gedoen is nie
nou wie moet ons nou glo, selfs die fotos wat beskikbaar is, bewys die landing was nie op die maan nie

Gerhard ·

Al die sogenaamde bewyse dat die maanlanding nooit gebeur het nie is n klomp twak. As dit so was sou die Russe die eerste gewees het om dit uit te wys tog het hulle jul eie program gehad om maan toe te gaan.

Willem ·

Ja. En Jan v Riebeeck het nooit in die Kaap geland nie. En o ja, die aarde is plat.

Boy van die Suburbs ·

As hulle dan nou nie op die Maan geland het nie, waar het hulle dan geland?

Jan ·

Hulle was nie in die vuurpyl nie en hulle het nerens geland nie.gaan google moonlanding hoax dan sal jou oe oopgaan

Michael P ·

Ek was n jong seun toe die maanlanding plaas gevind het ek onthou dit soos gister ek wel dat dit wel so was .As dit wel n hoax was sal dit lankal op die lappe gekom het om so iets te hoax sal net nie moontlik wees nie.

Jan ·

Jy het nie jou navorsing gesoen nie.kyk op youtube moonlanding hoax die tegniese onmoontlikhede is legio.en hoekom sensor maroelamedia my wetenskaplike bewyse…

Andreas ·

Jan, daardie jare was daar nie internet nie, toe luister ons mense na al die gebeure rondom die maansendings edm oor die radio, ook lees ons daarvan in die gedrukte koerante wat breedvoerig daaroor berig het. Dus was ons nie soos vandag deur die internet gebombardeer met disinformasie nie.

Agterdogtig ·

Daar is net te veel teenstrydighede om te aanvaar dat Amerika in 1969 op die maan geland het.Dit was n politieke stryd om die Russe te wen en sodoende die superioriteit van die Amerikaners te bewys.

Jan ·

Jys halfpad reg. Amerika en ussr was noiit regtig vyande nie hulle word nog altyd deayr dieselde mense beheer. Hulle bluf jou…

Dorothy ·

Leser jy het ‘n punt. Dis net soos die fliek Dirkie van Jamie Uys in 1969. Almal het gedink die vlieg het geval in die woestyn. Later is vertel dit was ‘n ou myn hoop.

TDW ·

In 1969 het hulle darem baie goeie sein gehad, van die maan tot by die aarde. Vandag kan jy nie eers tv kyk as daar ‘n wolkie in die lug is nie. Ek skat hulle het seker die tegnologie verloor.

Asmain ·

As hulle in 1969 met die beskikbare tegnologie tot op die maan kon kom, hoekom sukkel hulle 50 jaar later nog steeds om daar te kom, inaggenome die tegnologiese vooruitgang?

Jan ·

Want jy kan glad nie briek of stuur in n vakuum nie want faar is gee stabiliserende medium soos lug in n vakuum nie.dientuig sal buite beheer tol.haan google moon landing hoax dan sal jy sien…

Jan ·

Die maankar se tyres en die film sal smelt tewn daai temp van 200 grade celsius..

Melanie ·

……en Elvis lewe nog. Het hom nou die dag gesien. Bietjie ouer met ‘n grys baard maar hy lewe.

Gerrit ·

En prinses Diana bly saam met hom. Iewers in Suid-Amerika.

Andreas ·

Goeie genade, julle hier bo is so met die tegniese opgeskeep en behep met of dit gebeur het, het julle ooit agteroorgesit en Herman Toerien se terugblik na die wonderlike gebeure in ‘technicolour’ ooit aanskou?

Dankie Herman, ek was ook daar.

Andreas ·

Terloops, jy is nog ‘n jong man vol energie en skop, oneindige belangstelling in al wat onderwerp is, baie geseend. Ons weet ons sal nog baie van jou pennevrug lees.

Eunice ·

ASMAIN…presies mý vraag ook!!
NOPE…ék glo 50jaar gelede, se “maanlanding” ook nou gladnié…té veel teenstrydighede om onvoorwaardelik WAAR te kan wees..

Andreas ·

Skuus, maar net so ‘n versugting na ons eie realiteit hier in SA, gee hierdie geskrif van Herman nou aan Zuma, Cyril of Julius, terwyl hulle sukkel om ‘n multikulturele land te verstaan.

Andreas ·

Herman, as ek so na van die kommentare kyk, kan ek sien waarom ons in die wêreld sit waar ons sit. Ek het idee die wiel sal van vooraf ontwerp moet word, maar dan met die liggelowiges al die pad by, stappie vir stappie sodat hul niks uit mis nie.

Ons probleme is meer enorm as wat ons edink het, van die yster- en steentydperk af tot nou.

Andreas ·

Wat ‘n skok om van die kommentare te lees, en dan stem hulle nogal in ‘n verkiesing vir die land en mense se voortbestaan. Ek sal eerder vir Brolloks en Bittergal stem, hulle het ten minste verstand gehad, of Jakkals en Wolf van TO Honiball.

Jammer dat ek met sekeres spot, maar julle verdien dit.

Jan ·

Nee wat andreas jy is die liggelowige een nasa flous jou so maklik dink biekie vir jouself…

Andreas ·

Ek het idee ek moet my naam verander, of agterstevoorom spel, jammer Naj, ek was al daardie jare daar, het al daardie nare inpomp van slegte goed in die are en kop beleef, pers ‘stuff’ net soos Zuma en Julius dit hierdie tye doen, die OB, hulle het toentertyd met ons kop gesmokkel en hulle het werklik die tegnologie gehad wat beter was as vandag s’n?

Neeee, neee, dit was ruimtemannetjies, sulke nare goete, lang dun beentjies met lang gepunte antenna ore en puil oë.

Ek sal julle sê, skies dat ek geen hoop vir die jong geslag het nie.

Bianca ·

Oom Andreas…zumpie,julius,cyril eni ob maak my baie bang!
Charter asb.vir ons v apollo dat ons hulle 4 MAANTOE STUUR soos 50 jaar terug, ASB oom andreas en oom Herman

Gawie ·

Jan, jy bly verwys na ‘Moonlanding Hoax’ waarna ons moet gaan kyk. Gaan kyk jy eerder na ‘Moonlanding Hoax Debunked’ en sien die waarheid. Al die belangrikste hoax teorië is ook ‘n ruk terug deur Mythbusters as twak bewys.
Hoekom moet mense altyd ‘n ‘conspiracy’ agter elke ding wat gebeur sien?

Jan ·

Want nasa het al die wetenskaplike bewyse videos vernan en verwyder.dink jy regtig die lander het met orbitrt gedock sonder enige beheersisteme teen 30000km per uur.ek het nog die verbande videos wat tegnies bewys dis onmoontlik om in n vakuum te briek of te stuur.

Jan ·

En wys my sommer waat sit die lunar lander se vuurpyl ou gawie…

Jan ·

Nee wat andreas jy is die liggelowige een nasa flous jou so maklik dink biekie vir jouself…

Jan ·

Andrras ek gee jou n miljoen rand as jy my wys hoekom smelt die hasselblad kamera se film nie in die hitte op die maan nie…en nog n miljoen as jy my wys hoe pas die maankar in die landingstug in…

Elandré ·

Maar Jan,daar was icebags ini maankar om paar lagers eni KAASMAAN te verkoel, verstaan jy nie…

Andreas ·

Jan, hoe lekker sit en lag ek nou vir jou wat so agtergeblewe is. Dit gaan ook maar oor kapasiteit jong. Zuma is nie korrup nie en Julius is nie die leier van die EFF nie, SEB is al twee jaar gelede afgeskaf, die wit mense is net paranoïes.

Wie of wat is NASA?

Gawie ·

Ou Jan, gaan kyk na hierdie video wat vir jou mooi wys waar die karretjie ingepas het. Niks vreemd nie.
https://commons.wikimedia.org/w/index.php?title=File%3AApollo_15_Lunar_Roving_Vehicle_deployment.webm
Kyk sommer, dit wys waar die landingstuig se vuurpyl ook sit.
Ek is seker dat as jy dieselfde energie wat jy gebruik om die ‘hoaxes’ na te vors, gaan gebruik om die wetenskaplike bewyse ook na te vors, sal jy baie vinnig besef al die ‘hoaxes’ is aan die einde van die dag toe ook maar net ‘n ‘hoax’ is om liggelowige mense soos jy en die ander PlatAarde ouens te flous.

Jan ·

Gaan kyk na eric dubay se videos op youtube.dis naiemoontlik dat sie aarde plat is anders vloei sie oranjerivier mos op teen die bol van die aarde.

Andreas ·

Die satalliete in die buitenste ruim wat fotos van die planete (ook die aarde) terug na die aarde toe sein sal jou vertel wat jy wil weet, vat net die hand voor jul oë weg.

Andreas ·

Jan gaan, hy het my gewen, die Amerikaners en niemand het op die naam geland nie, daar was ook nie vuurpyle wat die ruimte in is nie, al die tegnologie het geflop en ‘n kollosale krater in Nkandla veroorsaak, wat vandag as die “firepool” bekend staan.

jack ·

Dis eintlik lagwekkend dat ons vir 50 jaar n rat voor die oe gedraai word oor die sogenaamde maanlandings, terwyl die telemetriese data gerieflikheidshalwe”weggeraak” het. En dis nou nog makliker as ooit om almal te flous met moderne tegnologie .. Nie n manier hoe daar werklik n maanlanding was 50 jaar terug nie. Nie eers op aarde was die vooraf prototipe suksesvol nie. Ai..

Andreas ·

Jip, en die kraters in die maan word aan diesulkes gegee wat die naam gestand doen.

Jo B ·

Wat bekommer almal hulle so oor die maan landing?…. “So What” dit behoort ons nie te pla nie, ons het groter dinge om oor bekommerd te wees.
Los nou die wat dit wil glo of nie… elkeen het die reg tot sy eie denke en kan glo wat hy wil…. reg of verkeerd.
Of dit gebeur het of nie… ek voel ziltch.

Geehard ·

As die mens sateliete en mense om die aarde kan laat wentel kan die ook mense na die maan stuur. Dit is maklik om te verstaan en daar is geen rede waarom dit nie gedoen kan word nie. Al rede waarom die “Space race” op n einde gekom het is omdat dit verby was. Daar was geen rede wat ekonomies sin gemaak het om dit te doen nie. Dit was twee moonthede wat meegeding het om te bewys wie is die sterkste en dit is al.

John ·

Hoe is die tonne maanrots, nogal ‘n klompie, na die aarde gebring? Groot geld is nodig vir die planne om op Mars te plak… Dalk eers op die maan probeer. Hoekom wil Sjina juis op die agterkant van die maan vestig? Indiè is ook besig met ‘n projek terwyl miljoene krepeer. Hoop die maanjagters mense is so beìndruk met die projekte en verlief op ruimtermanne dat hul skeermeslemmetjies en Marmite sal opsè vir video’s wat in nabygeleè woestyne verfilm word…Gelukkig is daar meer woestyne en mynhope as 50 jaar gelede…. en Photoshop vir vergete Bic’s en flags.

Bianca ·

Jaaaa…John…van dié maanrots is ontleed en bevind dis noord of suidpool klippe!!!

Martin ·

Vir die wat nie glo nie. “Astral travel ” tot op die maan waar hulle geland het of maak gebruik van “Remote viewing ” en gaan kyk vir jouself

Eunice ·

Die outjies wat astral en teleport hét n beter kans,om opi maan van kaas, te land jaa,as apollo

Derek ·

As ek na daai, half skuldige@besadige flou glimlaggies kyk, vani 3 ,glo ek dit verseker ook nie!
ONMOONTLIK dat hulle dié ‘tegnologie’ 50 jaar gelede kon hê,wat nie vandag beskikbaar is nie!
NASA en VSA bluf heerlik

PlatAarde ·

Ek het net n klip in die bos gegooi om reaksie te toets. Natuurlik is die aarde rond. Jy kan dit sommer uit n vliegtuig waarneem. Sateliet fotots ens

Wat my wel skok is die kommentaar op die artikel. Nie besef daar is mense in ons land wat so ver agter is. Tegnologie het vooruitgegaan. Natuurlik was hulle op die maan!!
Daar is soveel bewyse daarvoor en dan die tegniese kommentaar. Jy kan nie teen so hoe spoed dok ens. Hoe dok hulle met die ruimtestase wat teen n hoe spoed wentel.
Ek is verstom

Andreas ·

Jan, daardie jare was daar nie internet nie (internet het eers hier by 1990 afgeskop), toe luister ons mense na al die gebeure rondom die maansendings edm oor die radio, ook lees ons daarvan in die gedrukte koerante wat breedvoerig daaroor berig het. Dus was ons nie soos vandag deur die internet gebombardeer met disinformasie wat jy hier verkondig nie.

Eunice ·

Andreas,kalmeer!
Elke persoon,hét n reg tot denke en kommentaar ONGEAG wat jy of ek daarvan dink!
Jan mág sê, wat hy GLO,nes jy en ek en koos ook!
Om te sê die persoon is dom of agter, is beledigend!
ONS MAG MOS MAAR VERSKIL VAN MEKAAR!!
Jaa,ek glo OOK nie, daai wolhaarstorie van maanlanding 50 jaar gelede nie

Denise ·

Jy het dalk ini tyd grootgeword, van kinders word gesien en nie gehoor nie, Andreas!
Ook ini tyd van maar “PA sê so” of die “DOMINEE sê so” of “NASA sê so”

En niemand durf vrae vra, of in dit in twyfel trek nie!
NIKS verkeerd met mense, wat nie als vir soetkoek opeet,wat opgedis word nie!
Ons mag verskil,ons mag verskillende opinies hê

Andreas ·

Jan, dalk ken jy die grap van die bobbejaan wat op ‘n klip sit en ewe grootmeneer vir die diere voor hom vertel wie éintlik die koning daar is. Nou vertel hy onder andere vir hulle wat hy als met die leeuwyfie aangevang het en nog sal doen, klomp goed, later kom hy agter die diere kyk verby hom, toe hy omkyk staan koning leeu met so woeste dos maanhare agter hom, terwyl hy in die bobbejaan se nek blaas vra hy vir hom, “wat het jy oor my vrou te vertel?” Die bobbejaan skrik hom boeglam en sê, “o koning leeu, ek gesels net so ‘n bietjie twak met my vriende”.

Eunice ·

Tyd vir n koppie tee en slapie vir jou oom Andreas,jyt te veel grimm broers stories gelees en vir Bollie van bolliepraat

Salomé ·

Almal glo nie jakkals en wolf stories soos jy nie,Andreas

Andreas ·

En ek dag julle glo die aarde is plat? Nou sleep julle die Grimms en J&W (jakkals en bolf?) nader.

Cherokee ·

Andreas, die Jans en Eunices en Salomes van hierdie forum roep weer die stukkie filosofie in herinnering; daai ene wat sê ‘het gedink jy is dom totdat jy praat. Toe oortuig jy almal’.

Andreas ·

Dankie dat jy my domheid vertaan. Ek is ‘n natuurmens en is maar van nature beskermend teenoor die renoster en Bonné wat enig is om die natuur te beskerm.

Dankie meisiekind!

Cherokee ·

Ek neig te dink dat jy my verkeerd verstaan, Andreas. Ek ondersteun jou stelling 100% en lag vir janne en dies meer.

Jan ·

Die tegniese bewyse is legio cheeokee.wat dink jy is sie temp op die maanoppervlak
.en my aanbod vir miljoen staan nog…bewys my tegnies verkeerd…

Andreas ·

Cherokee, skuus man, ek was net vies dat ‘n mens met die naam van Jan daar aan die suidpunt met sy skippe geanker het, en nou is ‘n ander Jan, seker ‘n erfgenaam in ontkenning van tegnologie. Ek het idee hy glo nie aan tegnologie nie, hy glo drie mense het vanuit Europa soontoe geswem, die een ou se naam was glo De Drommedaris, die ander een De Rijger en toe strompel De Goedehoop ou agterna. Hulle het nie eens Venter sleepwaentjies gehad om proviant en gereedskap saam te bring nie, nee, hulle moes jare vir die tegnologie wag.

Cherokee ·

Bewys eers besit van die miljoen, Jan. As ek reg onthou het jy elders sommer meer miljoene uitgeloof. Ek gaan nie al daardie moeite doen om dan uit te vind jy bied geld aan wat jy nie het nie.

Andreas ·

Jammer dat ek is wat ek is, is maar net realisties en wens ander kon verstaan mens is nie sommer aspris. Gaan soek in die natuur wie jy is, dalk sal jy ook jou lewensmaat vind.

Andreas ·

Ek is nie ‘n digter nie, maar hierdie gedig is aan al die plakkers opgedra.

Dis nou die wat dig-en-plak.

Jan ·

Daar is baie tegniese studies wat bewys die maanlanding is twak insluitens foto analises ens.maroela media het al my tegniese insette gesensor

Cherokee ·

Laat nag gehad laasnag, Jan? Saterdagaand gejol? Jy klink nie helder nie.

Cherokee ·

Dankie tog dat hulle dit gesensor het. Ons wil meer sinvolle gesprekke in die forums hê.

Gawie ·

En daar is baie meer tegniese studies wat die negatiewe studies totaal verkeerd bewys en ook bewys dat die maanlanding wel moontlik was en wel gebeur het.

Andreas ·

Jan, om jou te kan verstaan en skuus vir my vorige kommentare teenoor jou, hoe oud is jy? En hierdie is nie negatief bedoel nie, net om te kan uitwerk waarom jou geslag die geskiedenis en tegnologie misgekyk het. Ek neem aan jy het ook al my kommentaar oor die ontstaan van die internet hier heel bo gelees.

Skuus weer, maar ek het idee of dit Bill Gates, Herman Toerien of wie ook al is wat die artikel sou skryf het jy eie persepsie van wat in die wêreld aangaan. Ek het idee ons ouer geslag het julle versaak.

Jan ·

Die tegniese bewyse is legio cheeokee.wat dink jy is sie temp op die maanoppervlak
.en my aanbod vir miljoen staan nog…bewys my tegnies verkeerd…

Jan ·

Nee gawie daar is baie studies wat verban is net die maklikes word gedebunk.hoekom dink jy sensor maroelamedia al my moeilike vrae en bewyse…wat dink jy is die temp op die maanoppervlak na n maandag van 14 dae direkte sonlig..

Andreas ·

Jan, los vir ‘n slag die internet en dit wat jy uitgesoek het om daar lees, bring jou eie eerstehandse kennis en dan gesels ons. Baie duidelik trek jy net die skoen wat pas aan. Lees al my kommentare hier bo, elkeen, maak notas, slaan na, nie dit wat jy verkies nie, lees weer die artikel, gaan na ruimtekundiges daardie wetenskaplikes wat die kennis het en dit eerstehands ervaar het, moet nie bang wees om jouself te verryk nie.

Gawie ·

Jan, wat betref versnelling en rem in ‘n vakuum – niks vreemd daaraan nie, en heeltemal normaal. Dit gaan nie oor die vakuum nie, maar oor momentum. Standerd 9 Fisika en Newton se wette sal jou die antwoord gee. Die brandstof wat die vuurpyl verbrand het massa, en as dié massa in die regte rigting gebrand word, versnel of rem dit die ruimtetuig.
Die feit dat dit in ‘n vakuum gebeur help eintlik, want nou is daar geen wrywingweerstand om vernelling teen te staan nie.

Jan ·

Dis alles waar. Die probleem in n vakuum is daar is geen stabiliserende medium om die tuig te stuur of briek nie.die tuig sak buite beheer tol sonder beheer. Alle kragre soos boosters is oneweredig die tuig kan nie soos n vliegtuig beheer word nie.enige bewefing in die tuig sal hom laat tol…

Andreas ·

Jan, waarom kry jy nie jou antwoord van die ruimte wetenskaplikes nie, duidelik sukkel jy met die tegnologie, kom dan terug en dan gesels ons weer oor die Apollo se maanlanding.

Gawie ·

Jan – jou vraag oor die film wat nie gesmelt het nie – net so eenvoudig.
Onthou, die maan het nie ‘n atmosfeer nie, so hitte kan nie gelei word nie. Dit beteken dat, maak nie saak hoé warm die maanoppervlak is nie, die hitte kan nie by die kamera uitkom nie. Verder is die kamera met ‘n spesiale silwer verflaag bedek wat die sonlig weerkaats en die film binne-in die kamera koel hou.
Waarheen kan ek my bankbesonderhede stuur vir die miljoene wat jy wil gee vir antwoorde?

Andreas ·

Gawie, daar is nou al tot hier met Jan gevorder, nou wag ons net dat hy die tegniese inligting waarmee hy sukkel met die ruimte wetenskaplikes uitstryk en dan weer van hom laat hoor.

Jan ·

Ek is self n materiaal wetwnskaplike.hoekom sensor maroelamedia al die issues wat my bewerings staaf ssos die rubber tyred van die maankar direk op die maanoppervlak teen 200 grade of meer..

Andreas ·

Jan, waarom beweer jy die maanlanding het nie plaasgevind nie? Jy sou mos nou meer geloofwaardig gewees het as jy in diens van NASA was. Hordes van ons het mos nou die werklikheid ervaar wat jy beweer dit het nie gebeur nie, nou hou nou? Alle bewyse met fotos en video, jy noem dit, geskrifte is in pakhuise teen jou opgestapel, maar jy veg ‘n eenmansaak en dan bied jy miljoene aan as iemand jou verkeerd bewys. Sit daardie miljoene in ‘n trustrekening, gee bewys daarvan, en dan nooi jy weer belangstellendes amptelik uit.

Andreas ·

Jan, waarom beweer jy die maanlanding het nie plaasgevind nie? Jy sou mos nou meer geloofwaardig gewees het as jy in diens van NASA was. Hordes van ons het mos nou die werklikheid ervaar wat jy beweer dit het nie gebeur nie, nou hoe nou? Alle bewyse met fotos en video, jy noem dit, geskrifte, is in pakhuise teen jou opgestapel, maar jy veg ‘n eenmansaak en dan bied jy miljoene aan as iemand jou verkeerd bewys. Sit daardie miljoene in ‘n trustrekening, gee bewys daarvan, en dan nooi jy weer belangstellendes amptelik uit.

Andreas ·

Nou Jan, wat van die dames wat jou ondersteun en my aangeval het, gaan hulle bydra tot jou Trust? Ek sal regtig wil sien dat dit gebeur of jy dan, verloor of wen, daardie miljoene van jou en die dames in die trustrekening moet dan vir die bewaring van renosters aangewend word.

Andreas ·

Jan, terloops ek plaas ook jou uitnodiging om te presteer onderaan ander artikels, met jou vergunning sê ek die geld, wat in ‘n trustrekening deur jou geplaas sal word, sal vir die bewaring van renosters aangewend word.

Jan ·

Andreas die miljoene kom eers as jy tegnies reg bewys is. Daar is horfes arikels en studies wat die maanlanding verkeerd bewys. Meeste is deur youtube verban.gan kyk mar na die steroeskopiese analises en fotografiese analises wat bewys nasa lieg.probleem is jyt nie navorsing gedoen nie.ek vra jou weer verduidelik my die maankar se rubber tyres op die maanoppervlak van 200 gradecelsius…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.