Maroela Media se 10 gewildste tegnologie-artikels vir 2017

Hierdie 10 artikels is in 2017 die meeste gelees op Maroela Media se Blikslim-afdeling.

  1. SA kry óók algehele sonsverduistering

Nadat miljoene Amerikaners in verwondering was oor die eerste algehele sonsverduistering in dié land sedert 1979, het navorsers aangedui Suid-Afrika se beurt vir só ʼn verduistering kom in 2030. Lees meer.

Die sonsverduistering wat Maandag, 21 Augustus 2017 in die grootste gedeeltes van die VSA gesien kon word. Foto: R. Baer, S. Kovac/Citizen CATE Experiment via AP)

  1. Verbruikersake: Motorhandelaar gestraf

ʼn Motorhandelaar van die Wes-Kaap het egter agtergekom dat ʼn mens verbruikers se regte in terme van die Wet op Verbruikersbeskerming moet respekteer as jy nie jou sak hard wil skud nie. Lees meer.

motor-herstelwerk-kar-probleme

Foto: Fancycrave/Pexels.com

  1. Foto’s: Mercedes-Benz se eerste bakkie maak sy buiging

Die motorvervaardiger Mercedes-Benz het sy eerste bakkie – die X-klas – in Kaapstad bekend gestel, en dié voertuig is onmiskenbaar getrou aan sy handelsmerk. Lees meer.

Die Mercedes-Benz X-klas (Foto: Mercedes-Benz)

  1. Die Nokia 3310 maak ʼn terugkeer

Dit was beslis een van die gewildste, én taaiste, selfone van sy tyd, en nou het die Finse maatskappy HMD Global Oy aangekondig die Nokia 3310 gaan amptelik sy terugkeer maak. Lees meer.

Die nuwe Nokia 3310 (Foto: The Verge)

  1. Video’s: Só vaar SA se gewildste motors in veiligheidstoetse

Botsingtoetse is op Suid-Afrika se vyf gewildste intreevlakmotors gedoen om hul algemene veiligheid te toets. Lees meer.

Volkswagen Polo Vivo (Foto: ‘n Skermskoot uit die video)

  1. Foto’s en video: Só lyk ʼn motor ná ’n hoëspoed-botsing

Wanneer jy jaag en roekeloos bestuur, is jou voertuig ʼn dodelike gevaar wat die lewens van elkeen wat die pad met jou deel, bedreig. Lees meer.

ʼn Ongeluk in 2015 waarin vier mense oorlede is (Foto: ER24/Accidents)

  1. Foutjie begaan op WhatsApp? Stel dit nou só reg

Die boodskapdiens WhatsApp het bekend gemaak dat hy dit nou vir gebruikers moontlik maak om boodskappe wat aan ander gebruikers gestuur is, uit te vee. Lees meer.

Argieffoto (Foto: arivera, Pixabay)

  1. Só lyk die nuwe Nokia 3310

Die splinternuwe Nokia 3310-selfoon is amptelik in Barcelona in Spanje bekendgestel. Lees meer.

Die nuwe Nokia 3310 (Foto: The Verge)

  1. Nuwe WhatsApp-diens kan jou lewe verryk

Die boodskapdiens WhatsApp gaan dit vir gebruikers moontlik maak om geld deur middel van dié diens direk aan ʼn ander persoon oor te betaal danksy ʼn splinternuwe funksie wat binnekort bekend gestel gaan word. Lees meer.

WhatsApp

  1. Ford Kuga-brande: Oorledene se familie soek antwoorde

Nog twee Ford Kuga-sportnutsvoertuie het vlam gevat en eienaars van die motors het hulle nou tot sosiale media gewend om die voorvalle aan te meld. Lees meer.

ford-kuga-brand

Verskeie foto’s van Ford Kugas wat gebrand het oor die laaste 13 maand in Suid-Afrika. Foto: Ford Vehicles Burning Facebook-groep

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.