Nasa het bekend gemaak hy sal vandag ’n tergende geheim oor Mars tydens ’n nuuskonferensie opklaar.
’n Mediaverklaring gee egter geen aanduiding oor welke geheim nou opgeklaar word nie.
Van die media bespiegel dat Nasa gaan aankondig dat die teenwoordigheid van vloeibare water op Mars gevind is. Hulle lei dit af uit die name en spesialisvelde van die wetenskaplikes wat die nuuskonferensie gaan bywoon.
Dit is lank reeds bekend dat Mars eens vloeibare water gehad het, maar hier handel dit oor soutwater wat blykbaar steeds periodiek op die planeet se oppervlak vloei wanneer dit warm is.
Sommige media het reeds bespiegel dat Nasa se aankondiging met die vind van spore van lewe eens op die rooi planeet verband hou. Ernstiger publikasies ignoreer egter hierdie bespiegelings.
Gebruikers op sosiale media het geskerts dat Nasa dalk vir Mark Watney, ‘n fiktiewe karakter gespeel deur Matt Damon in die nuwe fliek, The Martian, gevind het.
Die verrigtinge word op Nasa se TV by http://www.nasa.gov/nasatv uitgesaai. Die uitsending begin 17:30 SA-tyd.
Ons sal maar wag en sien. Dan sal ons kommentaar lewer.
Miskien n ” aanloopbaan ” vir die GUPTAS…….
Miskien n aanloopbaan vir die GUPTAS