Mars se atmosfeer deur sonwind weggewaai

Kunstenaarsvoorstel van 'n sonstorm wat Mars tref (Grafika: NASA/GSFC)

Kunstenaarsvoorstel van ‘n sonstorm wat Mars tref (Grafika: NASA/GSFC)

Mars is sy dik, aardtipe atmosfeer en oppervlakwater kwyt deur die sonwind wat teen ’n tempo van 500 gram per sekonde die atmosfeer wegwaai.

Dit blyk uit ’n verslag wat Nasa-wetenskaplike opgestel het uit data wat van die Mars Atmosphere and Volatile Evolution (MAVEN-tuig) verkry is. Maven wentel die afgelope jaar in ’n elliptiese baan om Mars, en vlieg op sy laagste punt deur die atmosfeer om daarvan te kan skep.

Die ontsnapping het by tye vinniger geskied wanneer daar sonstorms was, of lank gelede toe die son nog jonger en warmer was as nou. Die afwesigheid van ’n magneetveld om Mars veroorsaak dat partikels, meestal protone en elektrone, Mars se atmosfeer teen ’n snelheid van meer as 1,5 miljoen kilometer per uur bereik, en ’n elektriese veld word opgewek wat elektries gelaaide gas-atome versnel en uit die atmosfeer slinger,

Mettertyd het Mars se atmosfeer te dun geword om vloeibare water op die oppervlak te onderhou, en het Mars met die uitsondering van enkele stroke pekelwater teen styl hange ’n koue, droë planeet geword.

Volledige inligting kan gelees word in die Nasa-verklaring

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Paul ·

Die Nasa-verklaring dui aan dat dit 100 gram per sekonde is. Dis wel interessant dat so ‘n klein hoeveelheid (minder as ‘n ton per Aarde-dag) op die duur so groot effek kan hê.

Die paashaas ·

Ek wonder wat van die Mars 1 projek geword het, waar kolonies op Mars gevestig sou word en 4 geskikte kandidate elke 2 of 4 jaar daarheen geneem sou word vir permanente verblyf?

Paul ·

Paashaas, tik eenvoudig “Mars 1” in Google in om die jongste daaroor te lees…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.