Marsaartappels deur Nasa getoets

In die rolprent, The Martian, plant Mark Watney (gespeel deur Matt Damon) aartappels om aan die lewe te bly. (Grafika: NASA)

In die rolprent, The Martian, plant Mark Watney (gespeel deur Matt Damon) aartappels om aan die lewe te bly. (Grafika: NASA)

As mense eendag ’n beduidende ruk op Mars wil woon, sal hulle daar kos moet kan produseer. Die kossoort wat nou deur Nasa getoets word om eendag op Mars aangeplant te word, is die aartappel.

Altesaam 65 van die 4 500 aartappelvariëteite word in grond van die Peruviaanse woestyn, wat die naaste ooreenkomste met die grond op Mars toon, aangeplant om te kyk watter die beste in die betrokke grond aard. Daar is reeds vasgestel dat Mars se grond die voedingstowwe bevat wat aartappels benodig. Die aanvanklike eksperimente word by die hoofstad Lima gedoen.

Na die mees suksesvolle aartappels gekies is, sal daar ook bepaal word watter die beste onder gesimuleerde Marstoestande kan aanpas. Die navorsers verwag egter nie dat enige die pyp sal kan rook in Mars se ysige klimaat nie, en aanvaar dat dit eendag op Mars in kweekhuise of soortgelyk aangeplant sal moet word.

Indien dit sou blyk dat geen tipe aartappel in Marsgrond sal aard nie, sal hidroponika of aerophinika op die proef gestel word. Dan word geen grond gebruik nie en die voedingstowwe word met water of deur die lug toegedien.

Lees meer: NASA en Christian Science Monitor

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Humor ·

Daar moet spoedig met hiedie toetse afgehandel word, want statistieke van bevolkingsaanwas toon dat witmens in SA die volgende dertig jaar uitgefaseer kan wees.

Paul ·

Daardie statistieke is foutief, indien jy verwys na die goed wat kastig deur “Clem Sunter” uitgewerk is en so op e-pos rondgestuur word. Dis snert en Clem Sunter het daarmee niks te doen nie.

Cilliers ·

Ek kan my al voorstel hoe smul die groen Marsmannetjies aan lekker aardse slaptjips! Hoop hulle het bietjie asyn en sout om daaroor tg sprinkjel! Eendag, eendag sal ons nog visse ook soontoe uitvoer (of is dit opvoer?) dan sal die Marsmannetjies éérs lekker smul! Hull sal net nie perlemoen kan kry nie, want dié roeidie gewetenlose uitbuiters mos nou sommer self hier op aarde al uit!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.