‘Marsman’ dr. Japie van Zyl se lesing in SA vanaand oor internet uitgesaai

Dr. Japie van Zyl (Foto: NMMU)

Dr. Japie van Zyl (Foto: NMMU)

Die bekende dr. Japie van Zyl van NASA JPL in Pasadena, Kalifornië, se lesing vanaand in die Bloemfonteinse planetarium word weens die oorweldigende belangstelling regstreeks met ’n webkamera opgeneem en oor die internet uitgesaai.

Twee opeenvolgende vertonings moes gereël word om slegs ’n gedeelte van diegene wat die lesing wou bywoon te akkommodeer, waarop toe op die opname en regstreekse uitsending besluit is.

Die titel van die lesing is: “Die gebruik van robotika in die verkenning van die sonnestelsel” en die uitsending begin vanaand (Saterdagaand) om 18:45 vir 19:00 by http://livestream.ufs.ac.za/

Dr. Van Zyl, ’n Namibiër en oud-Matie het veral bekendheid verwerf weens sy intense betrokkenheid by die landing van Nasa se robottuig, Curiosity, op Mars. Hy is ook die eerste Sondag van elke maand ’n deelnemer aan Hennie Maas se gewilde program op RSG, Sterre en Planete.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.