[Meeste gelees] Top 10 van tegnologie vir 2015

Elon Musk by 'n beraad in 2013 Foto: Heisenberg Media - Flickr: Elon Musk - The Summit 2013 via Wikimedia Commons

Elon Musk by ‘n beraad in 2013 Foto: Heisenberg Media – Flickr: Elon Musk – The Summit 2013 via Wikimedia Commons

Van die verwoestende asteroïed wat glo die Aarde sou getref het, Facebook-foefies en slim wenke wanneer ʼn jy wa met vakansie sleep tot hoe om jou kopligte met tandepasta te restoureer – hier is die top 10 tegnologiestories wat in 2015 op Maroela Media verskyn het.

  1. Alle rybewyse dalk binnekort onwettig

Elon Musk, uitvoerende hoof van Tesla, meen dit sal binnekort, en vinniger as wat mens verwag, onwettig wees vir enige gemiddelde persoon om ʼn motor te bestuur.

  1. Enkelma pos kwyt nog voor sy begin – weens Facebook

ʼn Enkelma (27 j.) van Texas in Amerika is haar pos by ʼn dagsorgsentrum kwyt nog voordat sy kon begin werk, te wyte aan ʼn inskrywing wat sy op Facebook gemaak het.

  1. iPhone-funksie kan jou duisende uit die sak jaag

ʼn Nuwe kenmerk van iOS 9 kan gebruikers, met beperkte dataplanne, duisende rande uit die sak jaag as hulle dit nie afskakel nie.

  1. Moenie vir dié Facebook-foefie val nie

ʼn Gerug oor Facebook wat met privaatheidverstellings en kopiereg verband hou, haal talle gebruikers van dié gewilde sosialemediawebwerf oor om ʼn spesifieke plasing daaroor te doen, al is dit onwaar.

  1. [Video] Moenie dít met jou kar doen nie

Hierdie video bied ʼn oorsig van die grootste flaters wat mense begaan wat ʼn motor se enjin kan beskadig.

  1. Video: Restoureer jou motor se kopligte met tandepasta

Is jou motor se kopligte dof en glansloos? Nou kan jy dit maklik opknap met ʼn bietjie tandepasta!

  1. Nasa ontken ‘verwoestende asteroïed’

Nasa het in ’n seldsame reaksie op volgehoue gerugte dat die aarde binnekort deur ’n aard-verwoestende asteroïed getref gaan word, die storie ontken.

  1. [Video] Waarheen verdwyn lêers wat jy uitvee?

Al ooit gewonder wat gebeur met lêers wat jy op ʼn rekenaar uitvee en of daai inligting ooit weer herwin kan word?

  1. [Luister] Sleep: Jy het hierdie lisensie nodig

Die vakansie is om die draai en die woonwa en sleepwaentjie word geesdriftig gepak. Hierdie artikel verduidelik watter lisensiekode op jou rybewys moet wees alvorens jy ’n woonwa of sleepwa mag sleep.

  1. [Video] Blou maan vanaand te sien

Die tweede volmaan in een maand kan vanaand, 31 Julie 2015, gesien word. In die volksmond staan dit bekend as ‘n “blou maan”.

Kyk wat is alles meeste gelees op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.