ʼn Nuwe studie toon nie net aan dat die Melkweg, die sterrestelsel waarvan die aarde deel is, sowat 60% groter is as voorheen bereken nie, maar dat die vier buitenste ringe die vorm van ʼn sinkplaat het.
Kundiges het voorheen gedink die sterre buite die oorspronklike grens van die sterrestelsel is nie deel van die sterrestelsel nie.
ʼn Nuwe studie deur Xan Yung van China het egter getoon die sterre is in vier duidelike ringe net binne en buite die ou grens van die sterrestelsel is. Rekenaarmodelle toon dat die rimpeleffek in die laaste vier ringe die gevolg kan wees van ʼn dwergsterrestelsel wat deur die Melkweg geval het.
Die bevindings, wat pas in die Astrophysical Journal gepubliseer is, los ʼn groot teenstrydigheid in die ruimte op. Die sterrestelsel Andromeda was volgens die ou berekenings ongeveer 60% groter as die Melkweg, maar het min of meer dieselfde massa.
Bron: Space.com
Mindboggeling!!