Moenie vir dié Facebook-foefie val nie

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Gerug oor Facebook wat met privaatheidverstellings en kopiereg verband hou, haal talle gebruikers van dié gewilde sosialemediawebwerf oor om ʼn spesifieke plasing daaroor te doen, ondanks die feit dat dit onwaar is.

Die boodskap wat gedeel word, lyk soos volg (of iets soortgelyk – soms verskil die sogenaamde mediabron):

“Better safe than sorry is right. Channel 13 News was just talking about this change in Facebook’s privacy policy. Better safe than sorry. As of September 26th, 2015 at 01:16 a.m. Eastern standard time, I do not give Facebook or any entities associated with Facebook permission to use my pictures, information, or posts, both past and future. By this statement, I give notice to Facebook it is strictly forbidden to disclose, copy, distribute, or take any other action against me based on this profile and/or its contents. The content of this profile is private and confidential information. The violation of privacy can be punished by law (UCC 1-308- 1 1 308-103 and the Rome Statute). NOTE: Facebook is now a public entity. All members must post a note like this. If you prefer, you can copy and paste this version. If you do not publish a statement at least once it will be tactically allowing the use of your photos, as well as the information contained in the profile status updates. DO NOT SHARE. You MUST copy and paste.”

Dit is egter net ʼn foefie en is al ʼn paar keer as sulks afgemaak. Die idee is dat Facebook-gebruikers die plasing moet doen om seker te maak dat hulle die kopiereg van hul foto’s en inligting kan behou.

“Ons neem kennis van sommige uitlatings, maar wil julle graag aan die feite herinner: as jy iets soos foto’s op jou Facebook-blad plak, behoort dit nie aan ons nie,” het Andrew Noyes, woordvoerder van Facebook, verlede jaar al in ʼn verklaring bevestig. “Kragtens ons bepalings bied jy aan Facebook slegs die gebruik en verspreiding van dit wat jy oplaai, volgens die bepalings en voorwaardes van die betrokke privaatheidverstellings.”

Die webwerf Snopes het ook daarop gewys dat Facebook-gebruikers nie van kopiereg of privaatheidverstellings kan afstand doen deur ʼn blote stelling op hul Facebook-blad nie.

Indien jy dus nie jou persoonlike inligting op sosiale media wil hê nie, stel ons voor dat jy per hand jou privaatheidverstellings op die verskillende netwerke aanpas, of om eerder nie ʼn sosialemedia-rekening te hê nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.