Nano-ruimteskip bring Alpha Centauri nader

Die self-herstellende transistor. Foto: Yang-Kyu Choi

Die self-herstellende transistor. Foto: Yang-Kyu Choi

’n Nano-ruimteskip wat Alpha Centauri binne 20 jaar kan bereik, en homself boonop kan herstel, word nou gesamentlik deur Nasa en ’n Koreaanse onderneming ontwikkel.

Met bestaande tegnologie sal dit die mensdom 18 000 jaar neem om Alpha Centauri te bereik. ’n Nanotuig sal egter nie die bestraling op sy lang tog die ruimte in oorleef nie en daarom word aan ’n model gewerk waar die tuig homself herstel.

Die transistors wat hulself kan herstel is reeds ontwikkel.

Met bestaande tegnologie kan tot 900 grade in dele van die nanotuig opgewek word en dit help die herstel aan van die afname in operasionele vermoëns wat deur bestraling, ouderdom en stres veroorsaak is. Die koppelgeheue kan so 10 000 keer herstel word en ander dele oneindig keer meer.

Bron: New Atlas

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Wicus ·

Dankie Herman, en verstaan maar min van die sake maar verwonder my tog daaroor, hou asb aan met die berigte!

Nico ·

Interessant. Brei asseblief bietjie meer uit oor hoe die aandrywers aan so klein tuig gekoppel sal word om genoeg versnelling te bereik om die reis van 18000 na 20 jaar te verminder. Watter tipe kameras en senders word geïnstalleer? Op daardie afstand sal die resultaat van ‘n sein na die tuig na 9 jaar eers bekend wees…. Die ster is 4 en ‘n half ligjare ver.

WL ·

Wil ek ook weet. Die nanotuig sal teen ‘n spoed van 65 550km per sekond moet beweeg, of 236 mijoen km per uur.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.