Nasa-navorsing nou gratis beskikbaar

Foto: Nasa

Foto: Nasa

Nasa het Dinsdag aangekondig dat al sy navorsing wat deur openbare finansiering moontlik gemaak word, nou gratis op die webwerf PubSpace geplaas word.

Pubspace bevat reeds meer as 800 navorsingsartikels, maar sal uiteindelik duisende beloop.

Dié soort navorsing moes voorheen by Nasa gekoop word.

Nasa versamel al inligting sedert die organisasie gestig is in 1958. Volgens die webwerf Popular Mechanics volg dit nadat wetenskaplikes toenemend onder meer druk kom om hul inligting gratis aan die publiek beskikbaar te stel.

Inligting op die webwerf is onder alles oor die stof op die maan, hoe die aarde se vroeë atmosfeer saamgestel is, tot hoe klimaatverandering ʼn invloed kan hê op die beweging van die aarde se magnetiese pole.

Onder die uitsonderings wat nie op die webwerf sal wees nie, is navorsing wat op die VSA se nasionale veiligheid betrekking het, en waar patentregte beskerm moet word.

Nasa se hoofwetenskaplike, Ellen Stofan, het in ʼn verklaring gesê die organisasie glo die verhoogde blootstelling aan sy navorsing sal dié agentskap se navosingsinvloed vergroot.

“Wetenskaplikes werk dikwels op ʼn grondslag wat deur ander mense gelê is. Ons glo die uitwerking op navorsing sal wyer uitkring deur die inligting beskikbaar te stel,” het hy gesê.

Besoek Pubspace vir meer inligting.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.