Nasa stel sending na Mars met twee jaar uit

'n Uitbeelding van InSight Grafika: Nasa/JPL

‘n Uitbeelding van InSight Grafika: Nasa/JPL

Nasa moes noodgedwonge sy volgende sending met ’n robottuig na Mars met twee jaar uitstel nadat ’n Franse maatskappy nie betyds probleme met ’n belangrike instrument kon uitstryk nie.

Die volgende sending sou volgende jaar plaasvind wanneer die aarde en Mars se bane die twee planete op hul naaste punt aan mekaar bring. Mars en die aarde se bane laat die twee planete een keer elke twee jaar naby mekaar kom.

Die instrument wat nie betyds mee klaargekry kon word nie, moet aan die robottuig, InSight aangebring word, en moet help vasstel of Mars se kern nog vloeibaar is, of reeds solied is.

Die missie om InSight op Mars te laat land kos reeds $525 miljoen.

Bronne: De Standaard, Trouw, Space.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.