Nog ‘n maan in sonnestelsel ontdek

Die dwergplaneet Makemake se maan (Foto: NASA, ESA en A. Parker en M. Buie (SwRI))

Die dwergplaneet Makemake se maan (Foto: NASA, ESA en A. Parker en M. Buie (SwRI))

Wetenskaplikes wat van die Hubble-ruimteteleskoop gebruik gemaak het, het ontdek dat die dwergplaneet Makemake oor ’n klein maantjie beskik.

Makemake is effenss verder as Pluto van die son af, en ongeveer tweederdes so groot. Makemake is naas Pluto die helderste voorwerp in die Kuipergordel.

Juis omdat Makemake so besonder helder is, is dit vir wetenskaplikes nog onduidelik hoekom die maantjie, wat sowat 160 kilometer in deursnee is, donkerder as steenkool is. Een vermoede is dat die maantjie se swaartekrag te min is om stowwe te behou wat helderheid sou veroorsaak het, soos metaanys.

Die ontdekking van die maantjie is besonder belangrik, omdat dit nou dit vir wetenskaplikes moontlik maak om die digtheid van Makemake te bepaal, en dit met dié van Pluto te vergelyk. So kan bepaal word of die twee uit min of meer dieselfde stowwe saamgestel is.

Lees meer en kyk ‘n video: Space.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.