Nuwe ruimtestasie gaan dalk om maan wentel

'n Internasionale ruimtestasie wentel om die maan (Foto: Christian Science Monitor/Nasa)

‘n Internasionale ruimtestasie wentel om die maan (Foto: Christian Science Monitor/Nasa)

Ruimteagentskappe oor die hele wêreld krap kop of die nuwe internasionale ruimtestasie, wat na verwagting in 2024 in diens gestel gaan word, eerder om die maan as om die aarde moet wentel.

Dit volg nadat die huidige ruimtestasie geskeduleer is om teen 2024 uit diens gestel te word.

Dié wenteling hou verskeie voordele in, waaronder die besparing van brandstof om dit kort-kort in ’n hoër baan te lig wanneer dit te veel na die aarde teruggesak het.

Die planne vir die baan om die maan veroorsaak egter ook meningsverskille. Die Russe beoog ’n ruimtestasie op die maan en het belang daarby dat die ruimtestasie in ’n baan naby die maanoppervlak wentel.

Die VSA se oog is weer op Mars gerig, en ’n baie hoër wentelbaan sou ideaal wees. As kompromis word onder meer gekyk na die moontlikheid van ’n baie elliptiese baan, waar die stasie op sy naaste 1 500 km van die maan sal wentel, en op die verste sowat 70 000 km bo die oppervlak.

Bouwerk sal na verwagting van ongeveer 2020 tot 2030 duur.

Bron: Christian Science Monitor

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Henk Stander ·

Sinnelose gesprek, alles wentel om Pretoria met die middelpunt van die heelal… Loftus. BUUUUUUUULLLLLLEEEEEEEEE!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.