Nuwe WhatsApp-diens kan jou lewe verryk

Argieffoto (Foto: arivera, Pixabay)

Die boodskapdiens WhatsApp gaan dit vir gebruikers moontlik maak om geld deur middel van dié diens direk aan ʼn ander persoon oor te betaal danksy ʼn splinternuwe funksie wat binnekort bekend gestel gaan word.

Volgens die webwerf WABetaInfo gaan WhatsApp glo onmiddellike oorbetalings van een bank na ʼn ander fasiliteer deur middel van die Unified Payments Interface (UFI)-diens. Dié diens, wat bestuur word deur die Reserwebank van Indië, sal die nuwe WhatsApp-funksie glo in staat stel om geld vinnig na ʼn ander persoon se rekening oor te dra.

Dié boodskapdiens, wat sowat een miljard gebruikers daagliks het, wou volgens The Telegraph nie in dié stadium kommentaar lewer op die sogenaamde WhatsApp Payments-diens nie.

Die organisasie het egter vroeër vanjaar in ʼn verklaring gesê hy beplan om ʼn reeks nuwe funksies by WhatsApp te voeg wanneer sy gebruikerskerf een miljard verbysteek.

“Om in staat te wees om die WhatsApp Payments-funksie te gebruik, sal jy dieselfde bepalings en voorwaardes moet onderteken as wat jy sou doen wanneer jy ʼn bankfasiliteit sou gebruik sonder die diens,” lui die inskrywing op WABetaInfo.

Volgens die webwerf is die boodskapdiens reeds in gesprek met talle banke wêreldwyd om die moontlikheid van die diens in verskeie lande te bespreek.

Sommige sosialemediaplatforms, soos onder meer Facebook Messenger, ondersteun reeds die Unified Payments Interface (UFI)-diens. Hoewel dié diens nog nie in Suid-Afrika beskikbaar gestel is nie, is ʼn soortgelyke diens, TransferWise, volgens Rand Daily Mail vroeër vanjaar bekend gestel wat gebruikers in Suid-Afrika ook nou in staat stel om oorbetalings via Facebook Messenger te doen.

WhatsApp wou nie in dié stadium bevestig hoe die ontwikkelings vir die nuwe diens vorder en in watter lande hy beplan om die diens te implementeer nie.

Bron: The Telegraph

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Edward Shawe ·

It’s a digital backdoor into the personal individuals life for those across the planet that cannot be rfid chipped, so that eventually they will have access to your account and other details & if you are not going with their flow they already have all they need to control you, the more technology you use the easier it is for them to keep you under their control

cor ·

Whats Up ek dink jy mag dalk reg wees dit is dalk n makliker manier om geld uit die land uit te neem en nogal na Indie , daar word dit weer versprei na die begunstigdes. Glad nie n slegte idee vir die eerste gebruikers daarvan nie en later verloor almal hule geldtjies

NAD ·

Fiat currencies=control… everyone need to start using crypto currencies e.g. BITCOIN

Koos Roets ·

Orania het ook nou ‘n digitale geldeenheid. Ons noem dit Witcoin.

Bekommerd ·

Kan ons eie groot banke nie vir ons die ding ondersoek en asb die risiko’s uitwys voordat talle van ons lesers in putlose slaggat trap nie ASB?? … Hulle vra mos “hoe kan ons help?”

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.