Omskep ʼn vraghouer in jou ideale tuiste

(Foto verskaf deur Mr B Projects)

Vraghouer-behuising word al hoe meer gewild. Jy kan vir jouself ʼn ideale woning of werkseenheid met só vraghouer skep.

Mr B Projects omskep die houer volgens jou behoeftes en kom lewer dit af waar jy dit ook al wil hê. Bring vir ons jou idee, en ons probeer aan al jou vereistes voldoen.

Vraghouers bied talle verskillende ontwerpe en jy kan die eenhede op verskillende maniere plaas: jy kan byvoorbeeld ʼn hele kantoorblok bou met 6 m- of 12 m-vraghouers en dan mettertyd bloot ʼn kombuis of ablusie-eenheid bylas.

Daar is standaard ontwerpe, maar Mr B Projects voeg by soos wat dit by jou smaak pas. Daar is verskillende binnenshuise ontwerpe en selfs meubels. Die kragtoevoer word verskaf deur sonkragpanele, gas of deur die elektrisiteitsnetwerk.

Mr B Projects het 6 m- en 12 m-skeepsvraghouers en 2.2 m x 2.6 m boksvraghouers wat omskep kan word.

Van die eenhede wat Mr B Projects reeds vervaardig het, sluit in slaapkwartiere, kombuise, kantore, toiletgeriewe, storte, ʼn haarsalon, winkeltjies, ʼn sekuriteitshuisie, store, ʼn stoomstort, ʼn sauna, ʼn koelkamer, ʼn koffiewinkel en ʼn “drive-thru”.

Kantoorspasie agter in jou erf (Foto verskaf deur Mr B Projects)

Die woon-, stort- en toileteenhede werk baie goed op wildsplase veral vir jagters en werkers. Vir mense wat van die huis af werk, is die kantoor perfek om agter in jou tuin op te rig vir meer privaatheid. Winkeltjies en kombuise skep ʼn goeie mobiele werk- of besigheidsgeleentheid. Sauna en stoomstorte is ook lekker vir eie bederf agter in jou tuin.

Vir myne werk die eenhede ook baie goed, want dit is gehard en kan weer na ʼn volgende perseel geskuif word wanneer nodig.

Kontak ons gerus as jy enigiets anders wil hê. Pryse begin by R40 000 vir die klein vraghouers. Die finale bedrag gaan afhang van die tipe afronding, materiaal en meubels wat jy verlang. Ons verhuur ook ons eenhede uit op langtermyn en pryse begin dan vanaf R1 200 per maand. Die vraghouers kan ook bymekaar gelas word om ʼn groter eenheid te maak. Daar is so baie waarmee ons kreatief kan wees!

Mr B Projects is geleë in Montana, Pretoria. Kom besoek ons of kontak ons vir ʼn kwotasie. Besoek die webwerf by www.mrbprojects.co.za

Skakel Anneli by 067 946 7993, Wimpie by 082 577 9301 of die kantoor by 012 023 0467.

Klik hier om die Facebook-blad te besoek.

  • Mr B Projects was ʼn uitstaller by Sakeliga KragDag 2021. Die 2022-ekspo word aangebied van 11 – 13 Augustus 2022 by die Diamantvallei-landgoed, 20 km oos van Pretoria. Vir meer inligting besoek gerus kragdag.co.za

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.