PS5 vandag in SA bekendgestel

(Foto: PlayStation South Africa/Facebook)

Die dag waarvoor talle Suid-Afrikaanse gamers gewag het, is eindelik hier.

Sony Interactive Entertainment (SIE) stel vandag sy nuwe generasie PlayStation 5 (PS5) bekend.

“Vandag is ʼn historiese oomblik vir die PlayStation-handelsmerk,” sê Jim Ryan, president en uitvoerende hoof van SIE.

“Die PS5 verteenwoordig die begin van ʼn nuwe era vir videospeletjies. Ek is verheug oor die nuwe wêreld wat gamers van vandag af kan ervaar en ek is ewe opgewonde oor die reeks speletjies wat in die toekoms vrygestel gaan word.”

Meer as drie dosyn nuwe speletjies sal hierdie feesseisoen vrygestel word, insluitend speletjies van SIE se uitgewersvennote soos Call of Duty: Black Ops Cold War, Fortnite, FIFA 21, Godfall, Assassin’s Creed Valhalla, en vele meer.

Ratchet and Clank: Rift Apart en ʼn nuwe God of War-speletjie sal ná die feesseisoen vrygestel word.

(Foto: PlayStation South Africa/Facebook)

Bykomende speletjies wat eerste op die PS5 bekendgestel gaan word, sluit in Ghostwire, Resident Evil Village, Hogwarts Legacy en vele meer.

Gamers sal steeds die gewilde speletjies op die PS5 kan geniet soos Marvel’s Spider-Man: Miles Morales, Sackboy: A Big Adventure en Astro’s Playroom. ʼn Samestelling van 20 PlayStation 4-speletjies sal ook beskikbaar wees om af te laai op die PS5. Dit sluit speletjies in soos Batman: Arkham Knight, Call of Duty: Black Ops III – Zombies Chronicle Edition, Resident Evil 7 Biohazard, The Last of Us Remastered en vele meer.

Gamers sal feitlik onmiddellike laaitye geniet danksy PS5 se ultravinnige vaste staat-hardeskyf (solid state drive), sowel as die 4K-grafika en ononderbroke spel wat teen 120 rame per sekonde laai.

Die PS5 het ook van die gewildste stromingsdienste soos Netflix, Spotify en YouTube op die nuwe konsole beskikbaar. Gamers sal ook vinnig tussen speletjies en films kan wissel.

Die sogenaamde Digital Edition PS5 is beskikbaar teen R9 999,99 terwyl die PS5 ultra HD Blu-ray™ jou R11 999,99 uit die sak sal jaag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Die Goodwoodianer ·

Nee, dankie. Ek werk eerder graag in my garage en luister na musiek.

Raakvatter ·

Al die gamers, antwoord my gou. Ek wil PS4 vir my 9 jarige tweeling koop. Is PS4 nog ok vir dit? PS4 sal seker redelik goedkoper nou ook wees.
Nog ‘n ding, ek sien van 500gb en 1TB, en verskillende soorte. Wat sal die beste werk vir my doeleindes?

Jaap797 ·

Daar is honderde games beskikbaar vir die PS4, en soos histories bewys sal die PS4 vir nog ‘n hele paar jaar beskikbaar wees en nuwe games ontvang. Sekere winkels verkoop ook tweede handse games teen ‘n bilike prys. Dit is beslis die moeite werd. Probeer eerder die 1TB weergawe kry. Digatale games neem baie spasie op, en met ons fantastiese internet spoed kan dit nogal ‘n tande kou proses wees om elke keer af te laai.

Reinhardt ·

Hi Raakvatter, ek dink die X Box One (dit is nou die vorige generasie, nie die Series X wat pas uitgekom het nie) sal beter waarde vir geld wees. Om rede jy kan Game Pass kry, dit gaan jou so R100 uit die sak jaag per maand, maar dan het jy toegang tot letterlik duisende games. Met die Playstation gaan jy elke game moet koop. Ek self besit n Playstation want ek verkies die games daarop, maar vir 9 jarige kinders sou ek veel eerder die X Box kry. Hulle sal net al te bly wees om iets te kan speel.

Raakvatter ·

Perfek, dankie Jaap797 en Reinhardt!! Ons het ‘n Xbox met daai Kinetic ding of iets. Gekry voor ons wifi gehad het. Al vergeet van online games (Dankie Reinhardt). En 1TB vir PS4 dan kan pa ook dalk ‘n game of 2 kry :-) (Dankie Jaap).

Johann ·

Hi Raakvatter pa4 sal nog lank beskikbaar wees, hul sal wel goedkoper raak met tyd maar dir behoort nog n paar jaar te neem. Games se groote wissel vanaf 200mb tot omtrent 30gig so 500gig sal doen. 1tb het meer stoorplek vir games videos fotos ens.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.