Reis saam met New Horizons verby Pluto

'n Saamgestelde foto van Pluto (regs) en sy maan, Charon (Foto:  Credit NASA/JHUAPL/SWRI)

‘n Saamgestelde foto van Pluto (regs) en sy maan, Charon (Foto: Credit NASA/JHUAPL/SWRI)

Nege en ‘n half jaar en 3 miljard myl later, sal NASA se New Horizons-tuig Dinsdag naby aan Pluto verbybeweeg.

Om 13:30 Suid-Afrikaanse tyd sal Nasa se tuig, New Horizons, op sy naaste punt by Pluto verbyflits. Die tuig trek teen ’n snelheid van ongeveer 50 000 km/h. Om 13:50 sal New Horizons op sy naaste punt ooit aan Pluto wees.

Intussen het wetenskaplikes uit beelde wat reeds geneem is vasgestel dat Pluto groter is as wat tot dusver gemeen is.

Beelde wat die tuig neem sal eers môre op aarde beskikbaar wees, enersyds omdat New Horizons nou te besig sal wees om foto’s te neem om dit nog te versend ook, maar as dit versend word sal dit ook langer as vier uur neem om die aarde te bereik.

Hier is die regstreekse uitsending.

Hoofbron: NASA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Johan 2 ·

Hou ons asb op datum..ongelooflik om te dink pluto is 4 liguur weg, die son is maar 8ligminuute weg van die aarde en dan reis n tuig maar n paar jaar om daar uit te kom! Hoekom is ons mense nog nie op mars nie!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.