Robot op aarde vanuit die ruimte “bestuur”

Foto: ANP

Foto: ANP

Van 400 km bo die aarde in die Internasionale Ruimtestasie is ’n Deense ruimtevaarder, Andreas Mogensen, besig om ’n robottuig in Noordwijk, Nederland te beheer.

Morgensen, wat die bynaam Ruimteviking gekry het, moet nie net die tuig bestuur nie, maar ingewikkelde take daarmee uitvoer. Hy het na 40 minute daarin geslaag om ’n dun pennetjie in ’n dun gaatjie te druk. Dit is met die hulp van kunsmatige gevoel gedoen wat na Morgensen se beheerpaneel in die IRS oorgedra is.

Die doel van die eksperimente onder die toesig van die Europese Ruimte-agentskap is om ’n tuig te ontwikkel wat vanuit die ruimte beheer kan word om ingewikkelde take op die maan uit te voer, soos om ’n teleskoop op te rig.

Lees meer oor die karretjie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.