Ruimtevliegtuig amper gereed vir onafhanklike vlugte

Die Dream Chaser-ruimtevliegtuig word deur ’n helikopter opgelig tydens ʼn toetsvlug (30 Augustus 2017). Foto: Matt Hartman via AP

Die Dream Chaser-ruimtevliegtuig, wat ontwerp is om vrag na en van die internasionale ruimtestasie te neem, is nou amper gereed om sy eerste solovlug te onderneem.

Die tuig is pas deur ’n helikopter tot by die hoogte geneem vanwaar dit in die toekoms losgelaat sal word om ’n vryvlug te onderneem. Nog een toets wat weer met behulp van ’n helikopter sal plaasvind, word nog onderneem voor die Dream Chaser sy solovlug na verwagting voor die einde van die jaar sal aanbied.

Anders as die mededingers wat ook vrag na die ruimtestasie neem, kan hierdie tuig op ’n aanloopbaan land. Dit het opvoubare vlerke, en is so ontwerp dat dit deur ’n verskeidenheid vuurpyle na die ruimte gedra kan word. Die Dream Chaser is as onbemande tuig ontwerp, maar kan maklik omskep word om ’n bemanning te dra.

Volgens NASA sal die Dream Chaser-ruimtevliegtuig teen 2024 minstens ses vlugte na en van die ruimtestasie onderneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Paul ·

Dit word ontwikkel deur die Sierra Nevada Corporation, wat ‘n VSA maatskappy is wat deur ‘n Turkse immigrant, voormalige Turkse fietsrykampioen Fatih Ozmen, gestig is. Die maatskappy bou ook komponente vir Virgin Galactic en die Super Tucano vir die VSA lugmag.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.