Slim beleggingsgeleentheid met nuwe generasie super-apps

Uberskillz se innoverende en bekroonde super-apps wat verbruikers met kleinsake verbind, het uitnemende bewyse van groei en aanvraag gelewer en bevestig dat dié besigheidsmodel ʼn goeie beleggingsgeleentheid bied. Verbindingstegnologie is nie vreemd vir verbruikers nie en die groei wat die Uberskillz-platforms getoon het sedert die bekendstelling, is ’n goeie aanduiding hiervan. Hierdie is die era waarin tegnologie en innovasie hande vat om sodoende groei in Suid-Afrika se ekonomie te stimuleer.

“Ons het sedert die bekendstelling van die SkillzFinder en Skillztrader super-apps in Oktober 2020 ervaar hoe die aanvraag na besigheidsnetwerke toegeneem het. Sedert ons bestaan het ons meer as 150 000 verbruikers aangeteken met nagenoeg 18 000 ondernemings op ons platforms,” sê Corné Kooiman, uitvoerende hoof van Uberskillz.

Meer as ooit tevore het kleinsake ʼn enorme behoefte om op ’n slim, veilige, maklike en bekostigbare manier met potensiële kliënte in aanraking te kom. Om dit moontlik te maak, het Uberskillz vindingryke slimfoontoepassings ontwikkel. Dit is nou makliker as ooit om dienste en produkte te adverteer. “Net soos die publiek en taxidienste met mekaar verbind deur slimfoontegnologie, so verbind ons slimfoontoepassings verbruikers en besighede ook met mekaar,” sê Kooiman.

Die SkillzTrader-app vir ondernemers laat ondernemings toe om teen ʼn lae aansluitingsfooi te registreer om deel te word van die aanbieding. SkillzTrader is dus ʼn unieke, regstreekse ondernemersgids. Wat dit uniek maak, is die feit dat dit met GPS werk. Registreer vandag nog jou onderneming by www.skillztrader.com.

Uberskillz het boonop ʼn gratis SkillzFinder-app ontwikkel waarop die publiek uit ʼn lys van duisende ondernemings in hulle onmiddellike omgewing kan kies deur middel van intydse geoliggingstegnologie. SkillzFinder se doelwit is dus om verbruikers maklik en vinnig met ondernemings te verbind. Nóg ʼn unieke kenmerk van die apps is die fasiliteit om diensverskaffers met ʼn goeie gradering te kan beloon. Hierdie apps verbind dus die ondernemings, produkte en vaardighede direk met verbruikers, waar hulle ook al is, met die druk van ʼn enkele knoppie.

Beide platforms is in 2020 vereer vir hul vindingrykheid in die App van die Jaar-kategorie tydens die Livewire Prestige-toekennings, en in die Mees Innoverende App-kategorie tydens die New Generation Sosiale- & Digitale Mediatoekennings. Uberskillz het ook CorporateLiveWire se Prestige-toekenning vir Bemarkingsplatform van die Jaar 2021 ontvang.

Uberskillz is tans verby die saadbefondsingstydperk en fokus nou op Reeks-A befondsing om die bemarkingsveldtogte voort te sit. “Ons mikpunt is om teen die einde van die jaar minstens 250 000 SkillzFinders (verbruikers) en 50 000 SkillzTraders (ondernemings) te betrek uit ʼn mark wat uit 2,2 miljoen klein-, mikro- en medium-ondernemings bestaan.

Ten einde die blootstellingsveldtog te intensiveer, het die maatskappy verlede jaar besluit om kort- en langtermyn beleggingsgeleenthede beskikbaar te stel wat goeie opbrengste bied. “Na aanleiding van die talle navrae wat ons ontvang het sedert ons dié geleentheid van stapel gestuur het, is daar reeds 95% van die totale beleggings onderskryf,” voeg Kooiman by.

  • Moenie die laaste geleentheid misloop om ʼn beleggingsvennoot in hierdie uitnemende onderneming te word nie. Klik hier vir vertroulike navrae.
  • Om jou onderneming te registreer, besoek www.skillztrader.com.
  • Kontak UberSkillz

  • This field is for validation purposes and should be left unchanged.

Hierdie plasing is deur ’n onafhanklike persoon of onderneming saamgestel. Die menings en standpunte wat in hierdie skrywe uitgespreek word, is nie noodwendig die beleid of standpunt van Maroela Media se redakteurs, direksie of aandeelhouers nie. –Red

Deel van: Tegnologie, Verbruikersake

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.