Slimfoon-app red verdwaalde paartjie

Skermskote van die Emergency +-app

Skermskote van die Emergency +-app

ʼn Paartjie wat tydens ʼn verafgeleë staptoer verdwaal het, kon van ʼn slimfoon-app gebruik maak om paramedici te help om hulle op te spoor.

Die 57-jarige man en 58-jarige vrou het Saterdag in die Tallaganda-woud in New South Wales gaan stap toe hulle verdwaal het. Hulle het die Emergency +-app gebruik wat owerhede in staat gestel het om via hul selfoonsein hul presiese ligging te bepaal. Hulle is Sondag danksy die koördinate gered, het die Australiese uitsaaikorporasie Maandag bevestig.

Die Emergency +-app is deur Australië se nooddienste en regering ontwikkel is, om inwoners te help om enige plek in Australië altyd die regte nommer op die regte tyd te skakel.

In Suid-Afrika werk die MySOS-app op dieselfde beginsel. MySOS is in die Google Play-store en App Store beskikbaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.