Straks meer vars water op dwergplaneet Ceres as op aarde

Die dwergplaneet Ceres. Foto: Nasa/Facebook

Die dwergplaneet Ceres. Foto: Nasa/Facebook

Die dwergplaneet Ceres, voorheen ‘n asteroïde genoem, het waarskynlik meer vars water in sy mantel as wat daar op aarde is.

Só glo wetenskaplikes terwyl die ruimtetuig, Dawn, al nader aan Ceres begin beweeg en foto’s na die aarde begin stuur. Ceres is ongeveer so groot soos die deelstaat Texas, en het ’n deursnee van ongeveer ’n duisend kilometer.

Dawn sal eers op 6 Maart by Ceres aankom en om die dwergplaneet wentel terwyl uitgebreide ondersoeke gedoen sal word.

Wetenskaplikes van die Europese Ruimteagentskap het verlede jaar in Januarie aangekondig het dat hulle via die Herchelle-ruimteteleskoop gesien het hoe Ceres op twee plekke waterpluime die ruimte inskiet. Die wetenskaplikes meen Ceres het ’n rotsagtige kern, omring deur ’n dik laag waterys, met ’n dun stoflagie bo-oor.

Die volledige artikel in die Christian Science Monitor kan hier gelees word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Eliza-beth ·

Weereens Herman: dankie! Ek en my man geniet al die tipe artikels vreeslik!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.