Tegno-regruk vir die lente

Argieffoto (Foto: Anete Lusina/Pexels)

Oplaas kan ons die lig aan die einde van die koue wintertonnel sien. Dalk sien jy reikhalsend uit na sonnige weer en nuwe plantegroei of miskien is jy opgewonde oor jou jaarlikse lenteregruksessie.

“Dit is ʼn menslike behoefte om te wil uitsorteer as die winter vir die lente plek maak. Ons stof nie net letterlik ons ​​huise af nie, maar raak figuurlik ook van die winter ontslae,” meen Jaco Joubert, handelsmerkbestuurder van Skyworth.

Joubert wys daarop dat die meeste mense meer as ooit tevore hul tegnologiese toestelle by die huis gebruik. “Daarom is dit veral belangrik om die toestelle binne én buite skoon te maak.”

Wanneer jy apparatuur orden kan dit jou werkverrigting verbeter en ruimte skep wat vir data benodig word; of dit nou die verwydering van ongebruikte apps is, ʼn rugsteunkopie van data te maak of toestelle te herformateer en nuut te begin.

Joubert gee die volgende wenke om jou tegnologiese veer skoon te help bestuur:

Neem voorraad op

Begin deur ʼn inventaris te maak van al die tegnologie in jou huis. Jy het moontlik ʼn televisie in die kamer wat nie elke dag gebruik word nie, maar miskien ʼn goeie skoonmaak nodig het. Gaan van kamer tot kamer en identifiseer die toestelle wat aandag nodig het. Sit apparate, soos ou rekenaars, drukkers, modems, selfone, televisiestelle wat jy nie meer gebruik nie opsy.

Verwyder onnodige data

Gaan deur jou selfoon, tablet en rekenaar se inhoud en verwyder foto’s, video’s, e-posse of lêers wat nie meer van nut vir jou is nie. Dit skep ruimte vir nuwe data en dit vermaklik jou taak wanneer jy na iets spesifieks soek.

Rugsteun jou data

Daar is niks erger as om kosbare foto’s, video’s en belangrike lêers te verloor of per ongeluk te verwyder nie. Dit is dus sinvol om gereeld ʼn rugsteunkopie van jou data te maak, hetsy na ʼn wolkdiens of op ʼn hardeskyf.

Maak toestelle skoon

Huishoudelike toestelle word daagliks, soms vir ure aaneen, gebruik en daarom is dit belangrik om dit gereeld te ontsmet.

Vee jou skerms met ʼn mikrovesel- of skermlap af en gebruik alkohollappies om jou toestelle (vermy openinge) en tegnologiese bykomstighede (soos laaikabels, rekenaarmuis, ensovoorts) mee skoon te maak.

Moet nooit vloeistof direk op ʼn toestel gebruik nie, en gebruik slegs huishoudelike skoonmaakmiddels wat geskik is vir hierdie gebruike.

Herwin ongebruikte toestelle

Dit is nie nodig om ongebruikte toestelle weg te pak en in die motorhuis te stoor of dit in die asblik te gooi nie. Ou tegnologie wat steeds in ʼn werkende toestand is, maar wat jy nie meer nodig het nie, kan herwin word of aan ʼn welwillendheidsorganisasie geskenk word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.