Toets jou internetspoed só

Argieffoto

Argieffoto

Al hoe meer persone kyk aanlyn televisiereekse en flieks, en jou internetspoed word al hoe belangriker.

Netflix, een van die primêre bronne vir aanlynvermaak, het Woensdag ʼn webwerf vrygestel wat jou help om jou internetspoed mee te toets.

Die webwerf, Fast.com, is baie gerieflik en jy het nie enige tegniese kennis nodig om dit te gebruik nie. Besoek bloot die webwerf en dit sal dadelik jou internet aflaaispoed bereken.

Die webwerf maak van Netflix se webbedieners gebruik om jou aflaaispoed te bereken – maak nie saak waar in die wêreld jy is of watter toestel jy gebruik nie.

Meeste internetgebruikers het tot dusver SpeedTest.net gebruik, wat meer besonderhede verskaf oor jou oplaai- en aflaaispoed, maar die vreemde webwerfadres en oorweldigende advertensies op dié webwerf het gebruikers afgeskrik.

Netflix verduidelik hy bied die diens om aan sy lede ʼn eenvoudige en maklike manier te bied om die spoed te bepaal wat jy van jou internetdiensverskaffer (ISP) kry. Indien die uitslae op Fast.com gereeld jou spoed stadiger aandui as dit waarvoor jy betaal, moet jy met jou ISP in verbinding tree.

Om gemaklik na programme op digitale video-op-aanvraagdiens (VOD)-verskaffers soos Showmax of Netflix te kyk, het jy ongeveer ‘n 4mbps-lyn nodig.

Klik hier om te sien wat jou aflaaispoed is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Neil Viljoen ·

Van ons nou in Germany bly is internet nie meer ‘n probleem nie. Ek sit met ‘n 50Meg DSL lyn wat en my NetFlix werk mooi in 4K UHD. Vir slegs 37 Euro uncapped ‘n maand. Vir 4 Euro meer kan ek 100Meg kry. Internet is net soveel beter hier en die prys net so goed.

Groete

Kobus ·

Hier in Pretoria sukkel ek ook glad nie meer met die internet nie. Ek gebruik Telkom se uncapped LTE en kry lag-lag 20Mbps teen ‘n prys goedkoper as Dstv in HD. FTTH teen ‘n billike prys raak ook al hoe meer algemeen.

Riaan ·

Telkom het beslis die landskap verander met sy LTE. Dit is skaars nog die moeite werd om na Vodacom, MTN of CellC te kyk. Ek betaal R300 ‘n maand vir 20Gb. Router gratis ingesluit en ek kry maklik oor die 30Mbps as dit besig is. Ek bly in Midddelburg.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.