Twitter-gebruikers moes Dinsdagoggend wêreldwyd verslae na ʼn foutskerm bly kyk terwyl dié sosialemedianetwerk tydelik probleme ondervind het.
Die fout het omstreeks 08:20 GMT ingesluip en was langer as ʼn uur buite werking en gebruikers kon die webwerf nie via web of selfoon besoek nie. Die maatskappy het bevestig dat vier uit die vyf API’s (“application programming interface”) nie beskikbaar is nie, weens ʼn diensleweringsprobleem. ʼn Tweede API is om 08:55 opgegradeer, en sommige gebruikers kon sporadies toegang kry tot die webwerf.
“Sommige gebruikers ervaar tans probleem om toegang te kry tot Twitter,” het die maatskappy per e-pos aan The Guardian bevestig. “Ons is bewus van die probleem en werk reeds aan ʼn oplossing.”