Uitgediende kommunikasie-antenna word deel van SKA

Die radio-teleskoop (Foto: SKA)

’n Uitgediende kommunikasieantenna van 32 meter in Ghana is onlangs suksesvol in ’n radio-teleskoop omskep.

Dié radio-teleskoop sal in fase twee deel word van die Square Kilometre Array- (SKA) projek in Suid-Afrika, en bekend staan as deel van die African Very Long Baseline Interferometer (VLBI)-netwerk.

Ander lande waar soortgelyke geriewe opgerig moet word om die SKA se opvangspotensiaal te vergroot is Botswana, Kenia, Madagaskar, Mauritius, Mosambiek, Namibië en Zambië.

Die omskakeling van die skottel het in 2012 begin. Dit is grootliks deur Suid-Afrika gefinansier.

Die struktuur kan ook op sy eie bene as radioteleskoop funksioneer, en ook by ander radio-teleskoopprogramme soos dié van Europa inskakel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.