[Video] Draagbare sonkragpaneeltjie

Solar Paper

Solar Paper

Een van die grootste frustrasies vir enige slimfoongebruiker is ʼn swak batterylewe. Danksy ʼn nuwe skarefinansieringsprojek is dié frustrasie nou iets van die verlede.

Solar Paper deur Yolk, ʼn maatskappy gebaseer in Seoel en Chicago, is ʼn sonkragpaneeltjie wat jy soos ʼn notaboek kan ronddra.

Die projek word deur Kickstarter gefinansier en jy kan dus self ook vir jou só sonkragpaneeltjie aanskaf teen $119 (die verwagte handelsprys is $160) – opskud, daar is nog slegs 197 eenhede in hierdie kategorie beskikbaar.

Die projek het reeds sy teiken van $50 000 ver oorskry. Minstens 5 567 ondersteuners het reeds $859 280 aangebied. Die projek gaan dus voort.

Die verwagte afleweringsdatum van die produk is Februarie 2016.

Solar Paper kan jou selfoon binne 2.5 uur laai. Jy kan die sonkragpaneeltjie ook aan jou rugsak vasmaak wanneer jy aan ʼn buitelug-aktiwiteit deelneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Brian ·

Daar is reeds verskeie ander goedkoper modelle wyd en suid beskikbaar!!!!Die is nou regtig niks nuut nie.

Diaan Oosthuizen ·

Regtig? Kan jy dalk vir my websites gee waar ek dit kan kry? Een wat die foon so vinnig vol laai en die Amps wys en so saamgedra kan word…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.