[Video] Dubai begin vlieënde taxi’s toets

Skermskoot uit die video.

’n Toetsvlug vir die wêreld se eerste hommeltuigtaxidiens is vroeër die week in Dubai onderneem.

Dié vlieënde taxi wat deur die Duitse hommeltuigmaatskappy Volocopter ontwikkel is, lyk soos ’n klein tweesitplek-helikopterkajuit met ’n groot, sirkelvormige struktuur bo-op met 18 propellers.

Die vlieënde taxi was onbeman tydens die eerste toetslopie. Die taxi is veronderstel om sonder afstandbeheer te vlieg en daar word gepoog om dit vir ’n maksimum van 30 minute in die lug te hou. Vir noodgevalle is daar ekstra batterye, rotors en indien die ergste gebeur – twee valskerms.

Volocopter ding mee met talle ander Europese en Amerikaanse maatskappye om ’n nuwe vorm van stedelike vervoer te skep wat ’n kruising is tussen ’n bestuurderlose elektriese motor en ’n kortafstand-opstyg-en-land-vliegtuig. Airbus wil teen 2020 ’n bestuurderlose taxi in die lug kry.

Florian Reuter, hoof van Volocopter, het gesê die implementering van hul vlieënde taxi sal mense in staat stel om hul slimfoon te gebruik om ’n Volocopter te bestel. “Die Volocopter sal jou dan kom oplaai en by jou bestemming gaan aflaai.”

Kyk die video hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Kelvin ·

Kan nie meer bly wees dat ek hierna verhuis het 13jaar terug nie, fantastiese land, met die beste geleenthede. Will never leave the UAE!

Theresa ·

Mog hierdie gier NOOIT hierheen waai nie. Behoede ons as die gevaar wat tans op paaie is (publieke vervoer wat alewig staak en glad nie respek het vir ander padverbruikers nie) in die lug rond swiep. Chaos kry ‘n nuwe dimensie!

Hendrik ·

Theresa die idee is dat jy in die taxi klim en op die klik op jou bestemming. Die taxi sal opstyg en op ‘n goedgekeurde vlugplan vlieg op die regte hoogte, spoed en rigting. Hierdie taxi kan dan nie inmekaar vasvlieg nie. Alles word beheer deur rekenaars.

bgj van der westhuizen ·

wel ek sal nie van dit gebruik maak nie wand of dit deur in mens of rekenaar beheer word daar sal n mens betrokke wees en soos dit in die land bestuur word sal jy nie jou lewe seker wees nie

Liezl ·

O vader tog. Ek weet dit word beheer deur rekenaars, maar in SA is alles moontlik ……. sal gehijack word in die lug of net nou hack hulle die rekenaar netwerk …… chaos met ‘n twist. Dis eintlik baie snaaks om daaraan te dink.

At ·

2 valskerms.?? Wat wil jy met dit doen as hy val. Deur die lemme spring. Is soos om uit ‘n helikopter te spring wat val

Grens ·

Nee regtig man, meeste van julle klink so suur. Almal het ook vir die eerste motors gelag en party ou suurknolle het hulle muile bly ry, en agter gebly. Hierdie is baie nuwe en opwindende tegnologie wat verseker gaan gebeur. Moenie dat die ou bitterheid jou vreugde steel nie.

t ·

Sal graag wil sien wat se modifikasies die taxi bestuurders op die hommeltuie gaan doen. Strepe miskien maar nie “mags” nie. Blink propellers dalk? Bas luidsprekers teen 1000Watt? Gaan ‘n belewenis wees. ;-)

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.