[Video] Is maanmusiek ontrafel?

Al Warden (Skermskoot uit die video)

Al Warden (Skermskoot uit die video)

Die misterieuse ruimtemusiek wat verskeie ruimtevaarders gehoor het terwyl hulle gewentel het aan die kant van die maan, wat weg van die aarde is, het dalk ’n heel voor die hand liggende verduideliking.

Die musiek is die eerste keer gehoor toe Apollo 10 se bemanning in 1969 om die maan gewentel het. Twee maande later het Michael Collins in Apollo 11 dit ook gehoor terwyl Neil Armstrong en Buzz Aldrin met hul landingstuig op pad na die maan se oppervlak was.

Die voorvalle is tot 2008 deur Nasa geheim gehou, wat nou bydra daartoe dat baie mense die verklaring hiervoor bevraagteken. Die amptelike verklaring wat nou weer tydens ‘n uitsending van die program Nasa Sunday verskaf is, is dat daar ’n interaksie tussen die radio’s aan boord van Apollo en die landingstuig was. Trouens, Collins erken hy is vooraf daarop attent gemaak anders sou hy bevange van vrees gewees het. Skeptici meen daar moet meer daaragter steek dat Nasa dit so lank geheim gehou het.

Lees meer: Christian Science Monitor, Space.com

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Ben (:-) ·

Ek hoop nie daai +- 330 hertz klank was hulle “musiek” nie. Dis `n hoorbare frequensie wat opgewek word deur iets vir een of ander doel. Daar is in elk geval Aliens op die maan, en geboue en radio torings – google dit.

Victor ·

Regtig? Jy glo dat daar “aliens” op die maan is? Radio torings? M.a.w. ‘n radio amateur sou die seine kon opvang hier op aarde. Hou op Ancient Aliens kyk en dink dis die waarheid

Ben (:-) ·

Victor,
Edgar Mitchell, who was the sixth man on the Moon, claims US military chiefs saw alien crafts observing during their nuclear weapons tests in the New Mexico White Sands deserts in July 1945.

The astronaut turned die-hard alien believer, who walked on the Moon during the 1971 Apollo 14 mission, has regularly spoken of his believe that extraterrestrials (ETs) visit Earth, and in particular during the 1947 Roswell incident.

He even claimed they had shot down test nuclear missiles to prevent an all out nuclear battle between the US and Russia.

He said: “They wanted to know about our military capabilities.

Victor ·

Google bietjie “argument from authority” – Die feit dat Edgar Mitchell op die maan was beteken nie sy argument is geloofwaardig nie.

As wat jy claim waar was sou die russe en chinese al lankal ook iets geweet het. Daar is geen harde bewyse vir enige een van jou claims nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.