[Video] Kelly is langer en jonger, danksy ruimtereis

Scott Kelly (Foto: StationCDRKelly, Twitter)

Scott Kelly (Foto: StationCDRKelly, Twitter)

Scott Kelly, ʼn Nasa-ruimtevaarder, het vandeesweek ná byna ʼn jaar lank in die ruimte teruggekeer: en hy is langer en jonger.

Kelly en Sergey Volkov en Mikhail Kornienko van die Russiese ruimteagentskap, het op 2 Maart teruggekeer. Kelly en Kornienko was 340 dae lank in die ruimte aan boord die Internasionale Ruimtestasie. Hulle was besig met navorsing oor die effek van langtermyn gewigloosheid op die menslike liggaam, wat gebruik sal word vir die sending na Mars.

Volgens ʼn woordvoerder van Nasa is Kelly ongeveer 5 cm langer. Aangesien daar nie enige swaartekrag in die ruimte is wat ʼn effek het op die menslike liggaam nie, kan mens se ruggraat tot 7,6 cm rek. Die effek op Kelly se liggaam is egter net tydelik – swaartekrag sal mettertyd hom weer laat “krimp”.

Nasa wil veral bepaal hoe liggaamsvloeistof in Kelly se liggaam verskuif het, of sy immuunstelsel nog goed genoeg is en of hy nie te veel been- en spiermassa verloor het nie.

Kelly het ʼn identiese tweelingboetie, Mark. Nasa kan nou die twee broers se liggame en gesondheid met mekaar vergelyk.

Volgens Einstein se relatiwiteitsteorie is Kelly boonop ook 1/100ste van ʼn sekonde jonger as wat hy sou wees indien hy op aarde gebly het.

Lees meer: The Weather Network, Examiner.com, The Verge

Volg Scott Kelly op Twitter
Kyk ook na 10 ongelooflike foto’s wat hy in die ruimte geneem het

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Adriaan ·

Baie interessant, neem aan disdie kussinkies tussen die werwels wat uitsit. Is dit dalk moonlike terapie vir verligting van rugpyn weens verplatte kussinkies?

Hendrik ·

Ek het gelees dat die ouens aanboord die ruimtestasie rugpyn asook naarheid ervaar as hulle aankom by die stasie. As hulle terug is op aarde het hulle seker dieselfde pyne.

Emile ·

Die VSA laat dit na ‘n unieke prestasie klink wat deur vir die eerste maal bereik is. Deur ‘n Amerikaner natuurlik. Hulle verswyg egter Valery Valeri Polyakov se 427 dae aaneenlopende prestasie in 1994/95 aanboord Mir. Die Russe is die Amerikaners baie ver voor in navorsing oor die effek van lae-gravitasie op die menslike liggaam. Hulle laat dit egter nou klink of hulle die wiel eerste ontwerp het.

Hulle oordryf ook. 340 dae is nog steeds 25 dae kort van ‘n jaar.

Frans ·

Ek lees nêrens dat hulle sê dat dit ‘n wêreldrekord is, wel dat daar samewerking tussem die Russe en die Amerikaners was.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.