[Video] Praat só in ‘olifant-taal’

olifantbul nbcnews

Argieffoto

Die grote olifant is volgens wetenskaplikes die enigste diersoort wat daartoe in staat is om emosie te toon én te voel. Daarbenewens kommunikeer dié diere ook in ʼn komplekse taal wat ná jare lange navorsing gedeeltelik deur die mens verstaan word, maar wat moontlik mag uitsterf omdat dié dier ʼn bedreigde spesie is.

Die David Sheldrick Wildlife Trust het onlangs ʼn veldtog van stapel gestuur wat ten doel het om bewusmaking oor die sogenaamde “olifant-taal” te skep. Die Hello in Elephant-veldtog, wat in samewerking met ElephantVoices gedoen word, wil bewusmaking oor dié komplekse taal teweegbring in die hoop dat geld ingesamel kan word om tot die bewaring van olifante by te dra.

As deel van die veldtog is ʼn webwerf bekend gestel wat mense in staat stel om frases van die “menslike taal” te vertaal na die “taal van olifante”. Dié webwerf speel onder meer ʼn klankgreep van hoe ʼn olifant verskillende woorde of frases sou sê, soos onder meer “hallo”, “hoe gaan dit”, “ek is kwaad” en “ek is bang”.

Angela Sheldrick, bestuurshoof van die David Sheldrick Wildlife Trust, sê sy hoop dié veldtog noop mense om organisasies te ondersteun wat hulle vir natuurbewaring en spesifiek die bewaring van olifante beywer.

Sheldrick sê navorsing toon dat daar in die 20ste eeu meer as 10 miljoen olifante in Afrika was, maar dié getal het in 2017 tot minder as 400 000 gedaal. Wetenskaplikes voorspel dat daar in 2025 minder as 200 000 olifante sal wees.

“Afrika se wildlewe is op die randjie van uitsterf. Die onwettige handel in ivoor sorg daagliks vir sowat 70 olifante se dood. Deur hierdie veldtog vier ons die pragtige dier, maar ons hoop ook om meer bewustheid te skep oor die belangrikheid van bewaring en om geld in te samel vir ons talle bewaringsprojekte.”

Vir meer inligting oor die Hello in Elephant-veldtog of om skenkings te maak, besoek die webwerf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Pieter Ellis ·

Interessant. Wonder nou, sal olifante in verskillende dele van Afrika asook Asia dan met verskillende streek dialekte of tale praat.

madels ·

Oee ek is mal oor olifante. Hulle is die mees besonderse diere

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.