Video: ‘Raak kreatief as entrepreneur’

Magriet Groenewald. (Foto: Verskaf)

Magriet Groenewald en Maroela Media deel praktiese wenke oor hoe om jou eie onderneming te begin en só ʼn inkomste te verdien.

Wenk 3: Raak kreatief as entrepreneur

Magriet se vorige wenk is om eers jou produk of dienste in die mark te toets nadat jy besluit het waaroor jy passievol is en watter produk jy wil ontwikkel.

Haar jongste wenk is om uniek, onweerstaanbaar en anders as jou kompetisie in die mark te wees.

“Dit is waarlik waarvoor mense bereid is om meer te betaal. Dit is belangrik om jou produk so te verpak dat mense die waarde daaraan kan sien,” sê Magriet.

“Moet glad nie bang wees vir kompetisie in die mark nie, want dit is ʼn goeie aanduiding dat daar wel ʼn behoefte vir die produk is. Vind egter uit hoe jy jouself beter kan aanbied in die mark as jou mededingers.”

Kyk hier na Magriet se wenk-video:

Kyk hier na die vorige wenk-video’s.

Meer oor Magriet Groenewald

Magriet is die eienaar en stigterslid van Magriet.co, ʼn aanlyn sosialemediasakeskool.

Dié kreatiewe donkerkop se passie is om entrepreneurs, sake-eienaars en beïnvloeders te bemagtig om hul aanlyn voetspoor te vergroot en sodoende hulleself én hul produkte beter te bemark.

Sy het tydens die afgelope nege jaar in die bedryf al saam met talle bekendes gewerk. Sy woon tans in Somerset-Wes saam met haar man en drie van hul vyf kinders.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.