[Video] Ruimtemanne eet eerste keer ruimteslaai

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

Die bemanning van die Internasionale Ruimtestasie het Maandag vir die eerste keer slaai geëet wat aan boord van die ruimtestasie gesaai is. Die slaai wat nou geoes is, is in Julie in spesiale houers geplant. LED-lampe van verskillende kleure het die “sonlig” verskaf, terwyl spesiale waterabsorberende materiaal in die grond geplaas is om te keer dat die water onder die gewiglose toestande die wyk neem. Kunsmis wat stadig vrygestel word het die res gedoen.

Dit is nie die eerste keer dat “ruimteslaai” gekweek is nie. In Oktober verlede jaar is die eerste oes teruggestuur aarde toe waar dit deeglik getoets en bevestiging ontvang is dat dit veilig is vir menslike gebruik.

Die ruimtemanne sal nou die helfte van die slaai verorber, en die ander helfte word ook teruggestuur aarde toe vir toetse. Die slaai is van Italiaanse herkoms.

Indien dit die ruimtemanne geval het, sal Nasa ook ander groente se aanpasbaarheid in die ruimte ondersoek. Hoe langer ruimtereise die mensdom verder die ruimte in neem, hoe groter word die behoefte daaraan om vars groente aan boord te kweek.

Bron: Christian Science Monitor en Nasa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

BoereBikerBaby ·

Ek hou baie van slaai… eks game as hull my ook wil stuur om slaai te eet, en beste van als is, ek gaan jonk bly ook daar lmga…

Elfie ·

Nou-ja toe – mans veral kla gou hulle wil nie slaai eet nie, want hulle is nie bokke nie! Kyk nou hoe lus raak die manne as hul NIE slaai kan in die hande kry nie, dan is dit lekkerder as lekker!

Johan 2 ·

Interesant dat die plant nie verdrink nie, water wil aan alles klou sonder gravitasie…baie oulik, plante kry hul koolsof uit die lug so dit kan seker baie nuttig wees om co2 ook uit te haal. Wonder of die O2 vlak te hoog kan word as hul te veel plante aanhou vir die mense aanboord?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.