Video: Tegnotannies en -toppies

Skermskoot uit die video

Skermskoot uit die video

ʼn Nuwe dokumentêr, Cyber-Seniors, fokus op die toenemende gaping tussen die verskillende generasies.

Brenda Rusnak van Kanada se dogter moes ʼn taak vir skool voltooi waar sy een of ander diens aan die publiek lewer. Brenda, wat tegnologies gevorderd is, het gedink dit sal interessant wees as haar dogters en haar maats ʼn paar van die senior burgers kon help om bietjie nuwe tegnologie aan te leer.

Die dokumentêre rolprent is uit dié projek gebore en sy staan persone nou wêreldwyd by om soortgelyke programme in hul omgewing te begin.

Die senior burgers maak selfs hul eie YouTube-video’s en hou nou kompetisies om te kyk wie se video’s word die meeste op dié sosialemediaplatform gekyk. Klik hier om te sien hoe die 89-jarige Shura verduidelik hoe sy ʼn mielie in ʼn ketel gaarmaak en ʼn kaasbroodjie met ʼn strykyster ‘rooster’. Klik hier om van die ander senior burgers se video’s te sien.

Klik hier om die volledige dokumentêr aan te skaf. Hier volg ʼn lokprent van die fliek:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.