Video: ‘Volg jongste tendense op sosiale media’

Magriet Groenewald. (Foto: Verskaf)

Magriet Groenewald en Maroela Media deel praktiese wenke oor hoe om jou eie onderneming te begin en só ʼn inkomste te verdien.

Wenk 8: ‘Volg die jongste tendense op sosiale media’

Magriet se vorige wenk was om as entrepreneur eerlik en deursigtig te wees op die sosialemediaplatform wat jy kies.

“Onthou, mense is op sosiale media om ʼn konneksie met ander mense te vorm. Mense koop met hulle harte en emosie. Jy moet ʼn konneksie met hulle vorm, en hoe jy dit doen, is maar net om jouself te wees,” sê Magriet.

In die laaste wenk in dié videoreeks sê Magriet om op sosiale media suksesvol te wees, is dit belangrik om al die nuutste tendense te volg en op jou eie platforms aan te wend.

“Bestee ʼn halfuur per dag op sosiale media om te kyk wat ander suksesvolle entrepreneurs doen en watter tendense daar is. Gebruik dan jou eie styl en kreatiwiteit om met dieselfde tendense jou produk of diens aan die mark bloot te stel.”

Kyk hier na die vorige wenk-video’s.

Meer oor Magriet Groenewald

Magriet is die eienaar en stigterslid van Magriet.co, ʼn aanlyn sosialemediasakeskool.

Dié kreatiewe donkerkop se passie is om entrepreneurs, sake-eienaars en beïnvloeders te bemagtig om hul aanlyn voetspoor te vergroot en sodoende hulleself én hul produkte beter te bemark.

Sy het tydens die afgelope nege jaar in die bedryf al saam met talle bekendes gewerk. Sy woon tans in Somerset-Wes saam met haar man en drie van hul vyf kinders.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.