Waarna soek SA’ners op Google?

(Foto: Brett Jordan/Unsplash)

Google het Woensdag die onderwerpe waarna die meeste op sy soekenjin gesoek is oor die laaste 15 jaar bekend gemaak.

Die lys onthul dat Suid-Afrikaners die internet gebruik om dringende vrae te beantwoord, op hoogte te bly van aktuele kwessies, om kontak te maak met regeringsdienste, op hoogte te bly van hulle gunstelingbekendes en om te soek vir werk, kos, vermaak en gesondheidsverwante inligting.

Google vier vanjaar die 15de herdenking van Google Trends. Hier is ʼn kykie na die top-onderwerpe waarna Suid-Afrikaners die afgelope 15 jaar op Google gesoek het.

Top-vrae waarop Suid-Afrikaners antwoorde gesoek het:

  1. Waar om te bly?
  2. Hoe om vinnig geld te maak?
  3. Hoe om liefde te maak?
  4. Wat is liefde?
  5. Wat is my IP-adres?
  6. Hoe maak ʼn mens pannekoek?
  7. Hoe laai ʼn mens YouTube af?
  8. Hoe om te soen?
  9. Hoe om gewig te verloor?
  10. Hoe om maagvet te verloor?

Top-sportgeleenthede- en wedstryde waaroor Suid-Afrikaners meer wou weet:

  1. La Liga
  2. Champions League
  3. English Premier League
  4. PSL standings
  5. Rugbywêreldbeker
  6. Serie A
  7. FA Cup
  8. England Championship
  9. Europa League
  10. Nedbank Cup

Top-soektogte na Suid-Afrikaanse bekendes:

  1. Cassper Nyovest
  2. Cyril Ramaphosa
  3. Julius Malema
  4. Jacob Zuma
  5. Bonang Matheba
  6. Zodwa Wabantu
  7. Black Coffee
  8. Babes Wodumo
  9. Senzo Meyiwa
  10. Pearl Thusi

Top-soektogte oor aktuele Suid-Afrikaanse sake:

  1. Beurtkrag
  2. Koronavirus Suid-Afrika
  3. Nasionale tesourie
  4. Verkiesingsuitslae
  5. Erfenisdag
  6. Boko Haram
  7. Hoërskool Driehoek
  8. Aandklokreël Suid-Afrika
  9. Ramaphosa se vrou
  10. Chesterville Durban

Top-soektogte vir werksgeleenthede:

  1. Poste by die departement van openbare dienste en administrasie (DPSA)
  2. Career Junction
  3. Job Mail
  4. Gumtree Jobs
  5. Eskom-poste
  6. Regeringsposte
  7. Transnet-poste
  8. Werksgeleenthede in Pretoria
  9. Beste werke
  10. DPSA se omsendbrief

Top-soektogte na  regeringsdienste die afgelope 15 jaar:

  1. Binnelandse sake
  2. Departement van arbeid
  3. Departement van onderwys
  4. E-filing
  5. Departement van binnelandse sake
  6. Poskantoor
  7. Stad Johannesburg
  8. Stad Tshwane
  9. City Power
  10. Departement van justisie

Top-soektogte na opvoedkundige dienste:

  1. My Unisa
  2. Google Scholar
  3. Universiteit van Pretoria-portaal
  4. Puff and pass
  5. University of Pretoria
  6. Google Classroom
  7. Department of Education
  8. UJ Ulink
  9. TUT ITS
  10. Rosebank College

Top-soektogte na  internasionale bekendes:

  1. Kim Kardashian
  2. Chris Brown
  3. Justin Bieber
  4. Lil Wayne
  5. Christiano Ronaldo
  6. Donald Trump
  7. Ariana Grande
  8. Taylor Swift
  9. Lady Gaga
  10. One Direction

Top-soektogte na lirieke van liedjies:

  1. “All of me” – John Legend
  2. “Hallelujah” – Leonard Cohen
  3. “Hello” – Adele
  4. “Despacito” – Luis Fonsi
  5. “Thinking out loud” – Ed Sheeran
  6. “Amazing grace”
  7. “Panda” – Desiigner
  8. “Drunk in love” – Beyoncé
  9. “Say something” – A Great Big World en Christina Aguilera
  10. “WAP” – Cardi B en Megan Thee Stallion

Top-kossoektogte van die laaste 15 jaar:

  1. Romans Pizza
  2. KFC menu
  3. Nando’s menu
  4. Debonairs pizza
  5. Ocean Basket
  6. Chicken Licken menu
  7. Food Lovers Market
  8. Pizza Perfect
  9. Uber Eats
  10. Burger King menu

Top-gesondheidsverwante soektogte

  1. Banting‑dieet
  2. Tekens van swangerskap
  3. Appelasyn
  4. NHLS login
  5. Simptome van koronavirus
  6. Waterpokkies
  7. Sistiese fibrose
  8. Laerugpyn
  9. Sitrus Soda (Citro-Soda)
  10. Bloed in urine

Hierdie inligting is geskoei op data wat deur Google ingewin is op grond van waarna Suid-Afrikaners gesoek het.

Google verwerk elke sekonde meer as 40 000 soektogte. Dit is meer as ʼn miljard soektogte per dag en 1,2 triljoen soektogte wêreldwyd per jaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.