Wen: Sterrekykpiekniek by die Taalmonument

George Bence van OOG gesels met 'n besoeker. (Foto: Verskaf)

George Bence van OOG gesels met ‘n besoeker. (Foto: Verskaf)

Kapenaars kan hul sterre dank vir die pragtige lugruim wat eersdaags weer besoekers aan die Afrikaanse Taalmonument op Paarlberg tydens ʼn Sterrekykpiekniek sal bekoor.

Saterdag 10 November bied die monument ʼn feestelike aand aan waar besoekers die natuurskone omgewing kan geniet en die sterrehemel, met behulp van Orion Observasie Groep (OOG) se lede wat graag hul kennis en teleskope deel, kan verken.

Alle oë sal gerig wees op die hoogs sigbare Mars, waar die ruimtetuig InSight hopelik later in November sy robotiese pote aan wal sal sit. Boonop is ʼn pragtige sonsondergang en ʼn gratis begeleide toer van die ikoniese beeldhouwerk ingesluit én is die aand ten bate van ʼn geletterdheidsprojek.

“Laat ons lees!” is die Taalmuseum se voorleesprojek vir kinders. Piekniekgangers word versoek om ʼn nuwe of tweedehandse kinderboek saam te bring ter ondersteuning van dié projek.

Die tema van vanjaar se piekniek is “Mars in sig” en begin om 18:00. Die begeleide toer van die monument is om 18:30 en besoekers kan van 20:00 tot 22:30 deur die teleskope na die sterre kyk.

'n Besoeker by die Taalmonument. (Foto: Verskaf)

‘n Besoeker by die Taalmonument. (Foto: Verskaf)

Gaste is welkom om hul eie piekniekmandjies te bring of een vooraf te bestel (R300 vir twee persone of R400 met ʼn mandjie ingesluit) by die Volksmond Koffiewinkel (021 863 2800). Volksmond sal oop wees vir koffie en ligte verversings asook pizza.

Veilige parkering is beskikbaar en toegang word beheer. Onthou verkykers en warm klere. Besoekers word aangemoedig om die omgewing te verken en daar is buitelugspeletjies en speelparke vir die kinders.

Die toegangsprys is R40 per volwassene en R10 per kind. Kaartjies is by Computicket of die hek beskikbaar, maar bespreking (021 863 0543/4809) is noodsaaklik sodat daar vir genoeg teleskope voorsiening gemaak kan word. Sterrekykpieknieks sal helaas gekanselleer word indien die weer sleg is. Skakel 073 853 3100 of 083 544 6510 vir weernavrae.

Vir meer inligting oor ander opwindende geleenthede, konserte en kursusse by die Taalmonument, skakel 021 863 0543/4809, besoek www.taalmonument.co.za of volg ons op Facebook.

Wen

Twee gelukkige lesers staan elkeen die kans om ʼn gesinsgeskenkbewys (twee volwassenes en twee kinders) te wen. Die kompetisie sluit op Dinsdag 6 November om 10:00.

Oops! We could not locate your form.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.