WhatsApp-gebruikers kan nou hul ligging regstreeks met vriende en familie deel nadat dié boodskapdiens vandeesweek ʼn nuwe funksie, “Live Location”, bekendgemaak het.
Gebruikers sal eersdaags die opsie hê om dié funksie aan te skakel wat hul in staat sal stel om hul ligging regstreeks met hul kontakte te deel.
Volgens WhatsApp se blog laat die geënkripteerde funksie gebruikers toe om te beheer vir hoe lank hulle die ligging wil deel en kan gebruikers dit ook enige tyd beëindig.
Die funksie werk soos volg:
- Begin ʼn gesprek met die persoon of groep met wie jy jou ligging wil deel.
- Onder “Location” in die aanhegselknoppie is daar ʼn nuwe opsie “Share Live Location”.
- Kies vir hoe lank jy dit wil deel en druk stuur.
- Elke persoon wat deel is van die gesprek sal in staat wees om jou ligging regstreeks dop te hou op die kaart.
- Indien meer as een persoon se ligging gedeel word in die groepsgesprek, sal alle liggings sigbaar wees op dieselfde kaart.
“Live Location” sal beskikbaar wees op Android- en iPhone-toestelle.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
6 Kommentare
Apple het dit al ‘n geruime tyd en Google ook. Whatsapp gaan dit nou net bietjie makliker maak vir almal.
Ek hoop hulle maak die app sê bugs ook dood want ek kry nie notifications nie die app moet oopwees om notifications te kry en om hulle te vra vir hulp is nodeloos?
ja en so kan die regering ook sien waar is jy nee dankie