ZRW Mechanika bied oplossings vir skoner energieverskaffing

Foto ter illustrasie. (Foto: Mariana Proença/Unsplash)

ZRW Mechanika is ʼn hernubare energiemaatskappy wat spesialiseer in fotovoltaïese sonkrag (PV). Hulle energieoplossings kan aangewend word in residensiële, kommersiële en industriële sektore.

Dié maatskappy is ʼn plaaslike energiemaatskappy, met ʼn vlak-1 swart ekonomiese bemagtiging (SEB)-gradering, wat talle internasionale pryse vir hul werk ontvang het en oor die hele Afrika-vasteland bedrywig is. Hulle spog ook met ʼn 7EP-gradering in die konstruksiebedryfontwikkelingsraad en het al meer as 10 megawatt-piek (MWp) sonkrag verskaf en geïnstalleer.

ZRW bied ook alternatiewe beligtingsoplossings met behulp van doeltreffende LED-tegnologie wat aangewend word op kommersiële, residensiële en industriële persele om die energievoetspoor van kliënte te verminder, terwyl hulle hul energiedoeltreffendheid verbeter en gunstige opbrengs op belegging bied.

ZRW verskaf bewese en betroubare sonkrag- en beligtingsprodukte deur sy kanaalvennootskap met toonaangewende internasionale vervaardigers van oorspronklike toerusting (OEM), op ʼn manier wat verwagtinge oortref met betroubare naverkoopdiens, herstelwerk en ondersteuning.

Hierdie maatskappy werk in die privaat sektor vir kragopwekking en alternatiewe energie-oplossings, sowel as regeringsprojekte wat verband hou met elektrifisering, meting, landelike elektrifisering en areabeligting.

Die span by ZRW het belê in die nuutste sonkrag-simulasie-sagteware (PVSYS), sowel as beligtingsagteware (DIALUX), om te verseker dat dit net die beste ontwerpte oplossings aan kliënte bied op ʼn wyse wat geoptimaliseer is in tyd en koste. ʼn Span hoogs gekwalifiseerde ingenieurs en tegnici maak ZRW maklik aanpasbaar en stel hulle in staat om innoverende energieoplossings, betyds en op begroting, te implementeer.

ZRW Mechanika werk verder op die vlak van implementering en bied ook monitering en evaluering, bestuur van programme en projekte en oudit van uitkomste met aflewerbares. Beide gevestigde en ontluikende metodes en tegnologieë word toegepas om ʼn meetbare en praktiese uitkoms vir kliënte in die energie- en kragsektor te verseker.

ZRW bied volledige EPC- (ingenieurswese, verkryging, konstruksie en ingebruikneming) oplossings vir kragsentrales tot 1 megawatt-piek (MWp), met ondervinding van meer as 30 MWp oor ʼn tydperk van ongeveer 10 jaar.

Besoek ZRW Mechanika se uitstalling by Sakeliga KragDag 2022 van 11 tot 13 Augustus by die Diamantvallei-landgoed, net 20 km oos van Pretoria.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.