Luister: Beste praktyke vir jou bejaarde brakkie

Dr. Jacqui Hooton en die Pierre van Ryneveld-dierekliniek se ‘praktyk-hondjie’, Scarlett. (Foto: Jhua-Nine Wyrley-Birch)

Honde-eienaars dink gewoonlik met ʼn glimlag terug aan die eerste keer wat hulle hul wollerige bondel vreugde huis toe gebring het, maar soos die tyd aanstap, gaan ons vierpotige vriende nes ons ook deur belangrike en soms moeilike fisieke veranderinge.

Dit is ook belangrik dat eienaars van ouer honde dié veranderings in gedagte moet hou. Sommiges kan nie vermy word nie en is maar deel van die verouderingsproses, maar ander kan met die regte dieet en voeding goed beheer word.

Maroela Media het met dr. Jacqueline Hooton van die Pierre van Ryneveld-dierekliniek in Pretoria gesels oor die beste praktyke vir die versorging van jou bejaarde woef.

In dié podsending verduidelik sy onder meer waarom tafelkos nie ʼn gereelde bederf moet wees nie, waarom verskeie simptome van veroudering nie ʼn doodsvonnis is nie en hoekom sy die aanneming van bejaarde honde sal aanbeveel.

Sy gee ook advies vir honde-eienaars wat graag mediese versekering vir hul nat snoete wil uitneem en sê waarom dié proses deeglike navorsing vereis.

Luister na die podsending boaan die berig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.