Prikkelpoppe en brakke modelleer vir liefdadigheid

Dit is nie aldag dat skoonhede en honde dieselfde loopplank deel nie.

In Junie gaan die sprokie, Skoonheid en die Ondier, egter ʼn nuwe betekenis kry wanneer 14 Miss Earth-finaliste met 28 verskillende honderasse die loopplank gaan betree ten bate van liefdadigheid.

Die Hills Dogs on Safari-parade vind van 7 – 9 Junie by die Safari-kwekery in die ooste van Pretoria plaas. Die naweek word ten bate van verskeie diere welsynsorganisasies aangebied en beloof pret vir die hele gesin.

Die hoogtepunt van die naweek is Saterdag op 8 Junie wanneer die modelle saam met die brakke, klein en groot van Labradoodle (Labrador- en poedelkruisings) tot Shih Tzu’s, klere van Jeep Retail Clothing gaan tentoonstel. Die geleentheid sluit ʼn spesiale vertoning van die sanger en akteur Hennie Jacobs, oftewel Diederik Greyling van 7de Laan, in. Kaartjies vir die skouspel is teen R200 beskikbaar en sluit ʼn ligte middagete in.

Hennie Jacobs

Daar gaan regoor die naweek ʼn foto-uitstalling van Beyond Photography wees, asook verskeie stalletjies van welsynsorganisasies, waar groot pryse gewen kan word.

Die organisasies wat by die geleentheid gaan baat is Barking Mad, Wetnose, Kitty and Puppy Haven, Animal Ambulance, Husky Rescue Centre, die Anti Animal Cruelty League, die DBV, Underdogs en Top Dog.

Maroela Media is ʼn trotse mediavennoot van die geleentheid. Vir meer inligting of om kaartjies te bekom, skakel Sabine Lehmacher by 082 927 4732.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Somerset Morkel ·

As ek ‘n brakkie was, sou ek baie graag teen so ‘n been piepie..!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.