Soorte resepte:

Resep-video: Bederf jou troeteldier 

Japie, Maroela Media se kantoorbrak, geniet ‘n koekie. (Foto: Elsabé Erasmus/Maroela Media)

Om tuisgemaakte koekies vir jou hond of kat te maak is baie makliker as wat ʼn mens sou dink. Dis ʼn goedkoop en maklike manier om bietjie dieper in hulle harte te kruip.   

Die resep is deur ʼn veearts goedgekeur en is veilig vir honde en katte. Ons kantoorbrak, Japie, het dit ook self getoets en is dol daaroor.  

Bestanddele

  • 1 k koekmeel (of volgraan meel)
  • ½ k romerige grondboontjiebotter (maak seker dat die grondboontjiebotter geen kunsmatige versoeter soos xilitol bevat nie, aangesien dit giftig is vir diere) 
  • ¼ k fyngedrukte piesang (sowat 1 piesang) 
  • ¼ k hoender- of beesaftreksel 

Metode

  1. Voorverhit die oond tot 180°C en spuit ʼn bakplaat met kleefwerende kossproei. 
  2. Meng al die bestanddele bymekaar in ʼn mengbak totdat ʼn deeg vorm. 
  3. Gebruik jou hande om die deeg te knie en in ʼn bal te rol. 
  4. Rol die deeg sowat ½ cm uit met ʼn koekroller op ʼn meelbestrooide oppervlak.  
  5. Druk die koekies uit die deeg met ʼn koekiedrukker in die vorm wat jy verkies en pak dit uit op die voorbereide bakplaat. Die koekies kan baie naby aanmekaar lê, aangesien dit nie vorm verloor nie. 
  6. Bak dit in die oond vir sowat 18 minute of tot goudbruin en droog. Groter koekies kan dalk bietjie langer vat om gaar te word. 
  7. Laat dit afkoel voordat jy dit vir jou troeteldier gee om aan te knibbel. 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

WILLEM ·

‘n Hond kan jou beste vriend wees, so bederf hom maar hy sal dit waardeer.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.