Spekboom-uitdaging tref SA

Spekboom (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Mense reg oor Suid-Afrika is besig om spekbome te plant om klimaatsverandering te bekamp. Dít vorm deel van die #spekboomchallenge, en jy kan ook deel word.

Die #spekboomchallenge het begin toe die Boplaas-wynlandgoed in Calitzdorp aan die einde van verlede jaar onderneem het om teen 2025 ʼn miljoen spekbome te plant om klimaatsverandering teen te werk.

Vandaar het die hele Suid-Afrika ingespring om te help. Die #spekboomchallenge behels dat elke burger probeer om in 2020 tien spekbome te plant.

Spekbome is een van die plante in die wêreld wat die maklikste koolstofdioksied kan absorbeer. Een hektaar spekbome kan ontslae raak van sowat 4 tot 10 ton koolstoofdioksied per jaar, wat beteken dat die lug beduidend skoner sal wees.

Spekbome kan ook tot sowat 200 jaar lank leef en kan maklik by sy omgewing aanpas, wat dit ʼn magtige hulpmiddel maak om klimaatsverandering teen te veg.

As dit nie genoeg is om jou te oortuig om aan die #spekboomchallenge deel te neem nie, is dit ook bekend dat spekbome baie min water en sorg nodig het. Hulle gebruik sowat die helfte van die water wat meeste ander plante gebruik, én die blaartjies bly mooi en groen. Mense wat in droëer streke van die land bly, kan gerus ook spekbome plant.

Spekboom (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Behalwe vir Boplaas wat een miljoen spekbome gaan plant, is daar planne vir “The Great Labyrith in Africa”, waar 165 000 spekbome geplant sal word in Klapmuts, naby Stellenbosch, om die grootste doolhof in Suid-Afrika met spekbome te skep.

Spekbome kan maklik van ʼn steggie groei, so as jy een gekoop het, is dit maklik om die ander nege van die oorspronklike boom te kweek.

Hoe om ʼn spekboom te kweek.

  1. Breek of sny ʼn takkie van jou oorspronklike spekboom (of jou vriendin se spekboom) af.
  2. Laat dit vir sowat twee dae effens uitdroog.
  3. Plant die uitgedroogde takkie en gee dit ʼn bietjie water. Gee die spekboom sowat een maal elke twee weke ʼn bietjie water.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

26 Kommentare

jongste oudste gewildste
Max

Spekbome is nie oral n oplossing nie. Hulle verdra nie ryp nie. Dit help nie juis mense ‘in droër dele’ plant spekbos/bome nie. Hulle moet heel winter beskerm word teen ryp, wat feitlik oral in droë dele voorkom.

André Christof

Jip, te pragtig. Dankie. Spekbome is immergroen vetplante met sagte, vlesige stamme en blare. Soos ‘n tipiese vetplant berg dit water in sy stam en eiervormige blare op. Daar word tradisioneel na twee soorte spekbome verwys: Die sure, wat plat en meer rankerig groei met geel-groen blare, en die soete, wat meer regop groei met groter, heldergroen blare. Soos die boom ouer word, word die blare gelerig. Hiérdie bome is een van die plantspesies met die vermoë om die meeste koolstofdioksied uit die lug na suurstof om te skakel. Daarom word dié bome as die stofsuiers van ons atmosfeer beskryf,… Lees meer »

Bernie.

Jy kan spekbome by owl rescue centre in Harties koop vir R10 n boompie wat hulle nou weer help om vir die uile te sorg. Julle kan hulle ook gerus ondersteun….

Driek Venter

Spek bome is fantasities en kan geeet word. Hulle groei maklik van n steggie

Linda

Eish, hulle is laat. Ons het een wat al veertig jaar gelede deur skoonpa geplant was en gedy!