Vyf plante wat maklik in SA groei

Suid-Afrika vier Sondag 20 Oktober Tuindag. Dié dag gaan daaroor om tyd in jou tuin deur te bring en die harde werk wat jy deur die jaar ingesit het, te waardeer.

Al kriewel jou “groen vingers” om dié plante so gou moontlik te plant, moet jy liefs uithou tot ná Tuindag voor jy ʼn kwekery instorm. Plant dit later en bewonder dan jou handewerk op volgende jaar se Tuindag!

Dié plante het nie baie water nodig om te oorleef nie, maar helder steeds jou tuin op met hul mooi kleure. Dit is die perfekte plantkeuse vir Suid-Afrikaanse tuine.

Spekboom

Spekboom (Foto: Life is a garden)

Die spekboom kom oorspronklik van die Oos-Kaap af en het nie baie water nodig om te oorleef nie. Spekbome verbeter ook die gehalte van die suurstof wat ons inasem, wat help om lugbesoedeling te bestry.

Strelitzia

Strelitzia (Foto: Pixabay)

Dié plant, met sy interessante oranje-rooi-en-blou blomsamestelling is afkomstig van Suid-Afrika. Dit is ook bekend as “Birds of paradise”-plante.

Vygies

bygies (Foto: Life is a garden)

Vygies is vrolik en kleurryk sonder om baie water nodig te hê. Jy kan hulle in potte plant. Vygies kom in ʼn verskeidenheid van kleure soos pers, oranje, wit en pienk voor.

Clivia

Clivia (Foto: Pixabay)

Clivia-plante lewer pragtige oranje blomme. Hulle kom slegs in Suid-Afrika en Swaziland voor en is ook bekend as Natal-lelies of boslelies.

Sedum rubrotinctum (“Jelly bean”)

“Jelly Beans” (Foto: Pixabay)

Die “Jelly bean”-plant kry sy naam van sy voorkoms af. Dit is ʼn vetplant waarvan die blare in die vorm van jelly bean-lekkers uitgroei. Die plant kom oorspronklik van Meksiko af, maar aard net so goed in Suid-Afrika en het nie baie water en sorg nodig nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.