Tuis in die winter: Sonnige dae en koue nagte

Donna-kombers (Foto: Volpes)

Dis beslis makliker vir Suid-Afrikaners om die koue maande te trotseer, danksy ons matige klimaat. Dit beteken egter nie dat ons die koue vryspring nie! Jou tuiste behoort jaarlange gemak te bied, met die buigsaamheid om aan te pas by enige seisoen.

Terwyl ons die oorgang tussen herfs en winter geniet, kan jy die beste put uit die magiese skemertyd wat ons nou met sonsondergang ervaar. Oorweeg dit om ‘n vroeë aandete in die buitelug te kook terwyl die weer dit nog toelaat, en rek die aand uit om die vuur. Hou ‘n ligte kombers of deken byderhand van Volpes om knus te bly wanneer die wind opsteek en die sterre uitkom.

Soos die oggende koeler begin word, kan jy jou dag opkikker deur die ontbyttafel te versier met helder kleure en vars blomme, of groenigheid uit die tuin. Hou jou binnenshuise ruimtes vars en lewendig deur die wintermaande deur ultra-realistiese, onderhoudvrye kunsplante van Biggie Best by te voeg – ’n tikkie natuur wat groen en weelderig bly, ongeag die seisoen, kan energie verleen aan enige vertrek.

Nesmaak in die winter

Speel saam met die seisoenale ritme tydens ons reis op pad na die winter deur elke week een laag van jou beddegoed uit te ruil, en bou ‘n warmer bed soos die tyd aanstap, sonder om ooit oorweldig te word deur te veel beddegoed terwyl die nagte nog matig is.

Kies geborselde winterskatoen vir knus lakens wat asemhaal en hitte goed behou. Paar jou winterslakens met ‘n verskeidenheid duvetstelle, komberse, kwiltstelle en dekens, om die ideale gewig en hitte te skep vir jou perfekte nagrus.

’n Gewatteerde matrasbekleedsel sal jou teen koel lug van die vloer af beskerm, terwyl ‘n duvet help om liggaamshitte te behou. ‘n Vere-duvet is die beste hittebewaarder en sorg vir ‘n slaapbederf. “Comforters” is nog ‘n wonderlike opsie vir jou winterbed, met al die struktuur en aantreklikheid van ‘n kwilt, asook die ekstra voordeel van watteersel wat nóg hitte binne hou.

Vir ekstra warmte, voeg een of meer komberse by in ‘n gewig wat by jou behoeftes pas, en oorweeg dit om sagte of donsige teksture by jou beddegoedkombinasie te inkorporeer, vir verdere sensoriese genot. ‘n Los katoen of Shimmersoft-deken kan ‘n bykomende laag warmte verskaf, terwyl dit ook die visuele aspek van die vertrek verryk.

Koester jou hitte

Emily-kombers (Foto: Volpes)

Wanneer jy jou huis vir die winter omskep, onthou om aandag te skenk aan klein besonderhede wat kan help om jou algehele ervaring te verbeter. Die Volpes-reeks gordyne blokkeer lig en lug effektief, so maak seker dat gordyne en blindings oopgemaak word sodra die dag begin, om soveel as moontlik van die son se hitte in die huis te stoor.

As jy geneig is om maklik koud te kry, begin jou dag met ‘n warm bad of stort, en probeer om jou veloppervlak sorgvuldig te beklee, om liggaamshitte binne te hou. Vir badkamerlinne, kies suiwer katoen, soos ons Volpes- luukse handdoeke, vir effektiewe absorpsie wat ook help om hitte te bewaar.

Waar om te begin?

Wanneer jy gereed is om jou huis te verfris vir dié winter, laat die kundige personeel by Volpes jou help om die linne te kies wat perfek by jou behoeftes pas. Loer in by een van hulle 43 winkels vir inspirasie, of besigtig en bestel hulle volle reeks lakens, komberse, duvets, kwilts, dekens en gordyne aanlyn, op jou eie tyd en vanuit die gemak van jou huis.

Volpes, The Home of Linen

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.