Van mode tot partytjietemas tot dekor vir jou huis is die 90’s se styl weer in, volgens Pinterest se 100-lys van nuwe tendense.
Soos milleniërs ouer word, is dit vir hulle ʼn manier om lighartige jare van hulle jeug te onthou. Generasie Z, aan die ander kant, ervaar die 90’s se modes vir die eerste keer en interpreteer dit op hul eie unieke manier.
Die obsessie met alles 90’s word al hoe groter; ʼn mens is dus geensins verbaas dat dit die hoofmodegier vir 2020 is nie. Hier is waarvoor jy spesifiek moet uitkyk:
90’s tekenprente
Y2K-uitrustings
Frommelhaarbande (scrunchies)
