Die somer is nou in volle swang. Dit is tyd om jou lang moue en jeans weg te pak, want ons weet hoe heerlik warm die Suid-Afrikaanse somer kan wees.
Van vanjaar se lentemodes, soos bypassende pakkies, bra-hemde en neonkleure vloei moeiteloos oor na die somer, en ʼn paar nuwe bykomstighede soos hoede, halsnoere en pofmoue sorg dat jy in die kol is.
Hier is ses groot modegiere vir die 2020-somer:
Pofmoue
Stewels by vroulike rokkies
Emmer-hoedjies
Oorgroot goue halssnoere
Pienk en oranje
- Pienk rok van Superbalist
- Oranje rok van Superbalist
Bra-top en bypassende broek
- Bra-top van Cotton On
- Bypassende pakkie van Cotton On
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
6 Kommentare
Alles gangbaar, behalwe die weermagstewels saam met die somerrokkie! Lyk soos iets wat hoort in ‘n oorlog-
geteisterde gebied – as jy moet vlug of dekking slaan is jy darem gereed.
Glad nie mooi nie. Almal se smaak verskil seker!
Daai stewels……… Ek weet darem nie.
daai bra top is IETS AAKLIGS al het n mens hoe mooi lyf …dis glad nie my smaak nie. Dalk eerder gepas vir swem
so ook daai broek wat so deur skyn mens sien die onderklere HUH uh dis glad nie vir my hoe n dame moet aantrek nie Lyk na baie dinge maar nie classy nie Maar soos ons almal weet smaak verskil Dankbaar daarvoor…die oorgroot halsnoer is mooi,kan lekker opdress daarmee :)