6 uitrusting-idees vir die feestyd

Of jy nou strand toe gaan, ʼn braai bywoon of ʼn romantiese ete beplan, sluit 2020 stylvol af deur gebruik te maak van hierdie mooi uitrusting-idees.

Stranddag

Kies iets ligs en gemakliks vir ʼn stranddag. ʼn Lospassende rokkie werk gewoonlik goed omdat jy dit maklik oor jou swemklere aan en uit kan trek. Hierdie wit katoenrokkie sal sorg dat jy koel én gemaklik bly.

Wit rokkie deur Liv & Light

Kersfees

Dit is altyd ʼn goeie idee om vir Kersfees rooi, wit of groen aan te trek om by die Kersfeeskleure te hou. ʼn Lang rooi vloeiende rok is ideaal vir ʼn dag vol samesyn met die familie.

Rooi en wit lang rok deur klerekas.com

Aand uit

Daar is ʼn rede hoekom die LBD (Liittle Black Dress) jaar ná jaar ʼn treffer bly. Dit vlei enige vorm en ouderdom en werk goed vir ʼn sorgelose aand uit saam met vriende. ʼn Korter rokkie is ook altyd beter in die warm Desembermaand. Dra dit met sandale of andersins wighakke vir ʼn meer formele voorkoms.

Swart rokkie deur Mr. Price

Dagbraai

Suid-Afrikaners is gaande oor ʼn braai oor die Desembervakansie. Om koel te bly kan jy ʼn katpak soos hierdie een dra wat jou ʼn gemaklike maar sjiek voorkoms sal gee. Dra dit saam met sandale en ʼn hoed om jou teen die son te beskerm.

Katpak deur Fynbos

Romantiese ete

Maak tyd om vanjaar ʼn aand saam met jou geliefde, weg van die res van die familie en kinders af, deur te bring. Hierdie rok sal ʼn romantiese, vroulike voorkoms skep en jou maat se voete onder hom uitslaan!

Lang romantiese rok deur Skoonma Clothing

Nuwejaarspartytjie

Wy die nuwe jaar in met ʼn skittering in jou oog én aan jou lyf. ʼn Nuwejaarspartytjie is die gulde geleentheid om iets blinks te dra. Hierdie rok het ʼn moeitelose maar tog deftige voorkoms en is ideaal vir ʼn strand- óf stadpartytjie. Klik hier vir mooi grimering-idees vir ʼn Nuwejaarspartytjie.

Blink rok deur Fochini

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.